Liggaam van vermiste student na nege dae in Krokdilrivier gevind

Die liggaam van Zenande Chiloane (21) is uit die Krokodilrivier buite Mbombela gebring. Hy was een van drie jongmense in ’n voertuig wat verlede Sondag in die rivier beland het. Die sportnutsvoertuig en die liggame van die twee ander insittendes, Vigo Godfrey (20) en Tintswalo Khoza (20), is dieselfde dag gevind. Die Mpumalanga polisie sê […]

Gee jou groentetuin korrek water

Die organiese groentetuinkenner, Elzabé de Bruyn, het tydens Saterdag Ontbyt met Charles gesels oor watertoediening vir jou groentetuin. Luister hier:

Derde verdagte weens Krugerwildtuinmoorde aangekeer 

‘n Derde verdagte is in Zimbabwe in hegtenis geneem weens die moord op twee toeriste in die Krugerwildtuin verlede maand.  Dina en Ernst Marais is op 20 Mei by Crooks Corner vermoor.  Die 26-jarige Mosambiekse burger het glo oor die grens gevlug na twee ander verdagtes vroeër vandeesmaand aangekeer is in Mosambiek, waar die slagoffers […]

Soektog duur voort na vermiste student in Krokodilrivier

Die polisie sê die soektog duur voort na ‘n student wat vermis geraak het toe die voertuig waarin hy saam met twee ander gereis het Sondagoggend vroeg in die Krokodilrivier buite Mbombela beland het. Zenande Chiloane se selfoon is in die sportnutsvoertuig gevind wat hulle Sondag uit die rivier herwin het. Die liggame van ‘n […]

Polisie soek na derde liggaam na voertuig in Krokodilrivier beland

Polisieduikers het vanoggend na ‘n derde liggaam begin soek na die liggame van twee jongmense gister uit die Krokodilrivier naby Kamagugu buite Nelspruit herwin is. Die 20-jarige man is deur sy naasbestaandes uitgeken. Die vroulike slagoffer is na raming tussen 18 en 23 jaar oud. Hul liggame was in die sportnutsvoertuig waarin hulle gereis het […]

Lenacapavir in Mpumalanga bekendgestel

Die MIV-voorkomende inspuitbare medisyne, Lenacapavir, is vandag amptelik in Secunda bekendgestel. Die nuwe langwerkende antiretrovirale middel word twee keer per jaar per inspuiting toegedien en elke dosis bied ses maande lank beskerming. Die word beskou as baanbrekende MIV-voorkomingsmedikasie wat ‘n bepalende oomblik in die land se openbare gesondheidsreis aandui en Mpumalanga aan die voorpunt van […]

Twee vas weens onwettige sigarette

Twee buitelandse burgers is vanoggend gearresteer weens onwettige sigarette met ‘n geraamde waarde van bykans R2 miljoen. Volgens die Valke was dit ‘n langdurige toesigsoperasie na inligting ontvang is rakende onwettige aktiwiteite by ‘n bergingsfasiliteit in Witrivier. Die polisie het ‘n lasbrief vir die fasiliteit verkry en gewag vir die gepaste oomblik om op te […]

Polisie red twee ontvoeringslagoffers, arresteer drie verdagtes in Kabokweni

Twee ontvoeringsslagoffers is gister tydens ‘n multidissiplinêre operasie deur die Mpumalanga teenkaping-taakspan en ‘n private sekuriteitsmaatskappy in Kabokweni gered. Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Die slagoffers se gekaapte voertuig is ook teruggevind. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Mpho Nonyane-Mpe, het hulle die verdagtes na ‘n huis in Manyeveni opgespoor. Hulle het die manlike slagoffer glo gedwing […]

Twee verdagtes in Mosambiek gearresteer weens Krugerwildtuinmoorde

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, het die inhegtenisneming van twee verdagtes in Mosambiek bevestig i.v.m die wrede moord op twee Suid-Afrikaanse toeriste in die Krugerwildtuin byna twee weke gelede. Dina en Ernst Marais is op 20 Mei by Crooks Corner vermoor. Hul liggame is op 22 Mei deur ander toeriste […]