Mpumalanga vloedskade op R3,5 milj. beraam

Mpumalanga het na raming R3,5 miljard se skade gely tydens die onlangse oorstromings. Die woordvoerder van die provinsiale departement vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Freddy Ngobe, sê die grootste skade is in Ehlanzeni-distrik aangerig met Mbombela en Nkomazi wat die ergste deurgeloop het. Voorlopige verslae toon R160 miljoen se skade is gely in […]

Senteeko-damwal versleg, word nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik wat tans gebeur. Luister: 

Opdatering: Ingenieurs verlig druk op Senteeko-damwal maar waarskuwings bly in plek

Ingenieurs het ‘n nuwe sykanaal-oorloop geskep om die hoofoorloop te verlig van die Senteeko-damwal buite Barberton. Die wal van die dam in die Suidkaap-rivier dreig om in te gee. Volgens die De Kaap-waterraad sal die tweede oorloop druk verlig, maar die moontlikheid bly bestaan dat die damwal kan breek. Die Barbertonvallei en die boonste dele […]

Vloedskade in Krugerwildtuin kan honderde miljoene beloop

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, sê die onlangse vloede in die Krugerwildtuin het uitgebreide skade veroorsaak wat moontlik honderde miljoene rand beloop.  Hy het tydens ‘n inligtingsessie aan die media in Kaapstad vandag gesê paaie, brûe, kampe, personeelbehuising, toeriste-geriewe en water- en elektriese stelsels is geraak.  Ondanks die vernietiging was […]

Oorstromings 2026: Krokodilbrug-hek heropen môre

Die Krugerwildtuin se Krokodilbrug-hek sal môre vir dagbesoekers heropen aangesien erge weerstoestande oor die Laeveld van Limpopo en Mpumalanga bedaar het.  SANParke waarsku die situasie bly egter dinamies met ‘n damwal buite die park wat volgens berigte in gevaar is en wat operasionele toestande op kort kennisgewing kan verander.  Die Senteeko-damwal staan ​​tans nog, maar […]

ActionSA eis aksie oor Lily-myn amper 10 jaar later

ActionSA eis dat die Minister van Polisie en die Minister van Minerale en Petroleumbronne dringend rekenskap gee van die toenemende verspreiding van onwettige mynbou. Dit volg op die ontdekking van die liggame van twee mans by Lily-myn in Low’s Creek gisteroggend. Athol Trollip, ActionSA se Parlementêre leier, sê amper 10 jaar na die Lily-myn tragedie […]

Ramaphosa besoek Nkomazi te midde van oorstromings

Nog weerwaarskuwings is uitgereik vir Limpopo en Mpumalanga te midde van voortgesette oorstromings. President Cyril Ramaphosa het Nkomazi-munisipaliteit gister besoek om die omvang van die skade wat deur die oorstromings veroorsaak is en die regering se reaksie daarop te bepaal. In Mpumalanga staan die dodetal op 20. In Limpopo is dit 18 met soektogte wat […]

Opdatering: Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is.  Die noorde van die park bly ontoeganklik. Die noorde is erger geaffekteer […]

Oorstromings 2026: Mbombela gelukkig

Mbombela kom eintlik heel lig af van die huidige swaar reënval wat dele van Limpopo, die Krugerwildtuin en Mosambiek wegspoel. Laeveld Brunch gesels met Joggie Crots wat al sedert 2001 noukeurig boekhou van reënvalsyfers. Luister weer:

Aanhoudende swaar reën verhoog risiko van oorstromings en padsluitings

Aanhoudende swaar reën in Limpopo en Mpumalanga verhoog die risiko van wydverspreide oorstromings, vinnig vloeiende riviere en padsluitings.  Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gister ‘n rooi vlak 10-waarskuwing – die hoogste waarskuwing – uitgereik vir ontwrigtende reën in areas soos Maruleng, Phalaborwa, Giyani, Tzaneen, Letaba, Bosbokrand, Nkomazi en Mbombela.   ‘n Weervoorspeller, Abdul Ngcamu, sê 100 […]