Beskuldigdes verskyn in hof weens R113 miljoen se bedrog in Onderwysdepartement

Die DA en ActionSA het die arrestasie verwelkom van 33 individue weens beweerde bedrog, korrupsie en geldwassery van R113 miljoen by die Mpumalanga Onderwysdepartement. Hulle het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn en sluit glo nege regeringsamptenare in. Volgens Sowetan sluit dit ook ‘n voormalige waarnemende departementshoof, diensverskaffers en privaat persone in. Die Valke het gister […]
Spertyd nader vir Mbombela se amnestieprogram

Huishoudings in Mbombela het slegs tot 15 Maart om aansoek te doen vir die munisipaliteit se skuldverligting-amnestieprogram. Phumula Mathebula gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Borgtogappèl misluk vir man wat vrou glo laat doodskiet

Die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela het die borgtogappèl van ‘n 39-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou met voorbedagte rade vermoor het, van die hand gewys. Dr. Nondumiso Sibanyoni is in November 2024 in ‘n parkeerterrein voor ‘n gimnasium in Riverside, Mbombela, noodlottig geskiet. Haar man, Sifiso Sibanyoni, se aanvanklike borgtogaansoek is […]
Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit ‘n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer. Luister:
Waterkenner sê plaaslike owerhede doen werklik nie ‘n goeie ‘job’ nie

Die Inkomati-Usutuu Catchment Management Agency sê hy is meer bekommerd oor munisipaliteite wat riool in hul waterweë inlaat as oor chemikalië verwant aan onwettige mynbou in die area. Mamaropeng Selepe gesels met 100.5FM. Luister:
Man deur honde verskeur in Waterval Boven

Polisie in Emgwenya naby Waterval Boven het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen na ‘n man dood is na ‘n honde-aanval vroeg vanoggend. Owerhede sê die slagoffer is op ‘n pad naby ‘n skrootwerf gevind. Twee pitbulls wat vermoedelik by die voorval betrokke was, sal uit die eienaar se sorg verwyder word terwyl die ondersoek voortduur. Nooddienste […]
Renosterstropery neem skerp toe in Krugerwildtuin

Mpumalanga het verlede jaar ‘n noemenswaardige toename in renosterstropery aangeteken met die verlies van 178 renosters – teenoor 92 in 2024. Die meerderheid – 175 – is in die Krugerwildtuin gestroop, ‘n skerp toename van 88 in 2024. Landwyd het renosterstropery met 16% gedaal, sê Frances Craigie van die Departement van Bosbou, Visserye en die […]
Mbombela wil jou foutiewe elektrisiteitsmeter vervang

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
Opdatering: Veiligheidsbevel aan eienaars oor Senteeko-dam

Die departement van Water en Sanitasie het ‘n veiligheidsbevel aan die Shamile Gemeenskap se eienaarsvereniging, die eienaar van die Senteeko-dam buite Barberton, gerig om dadelik op te tree en die dam te stabiliseer om verdere skade te keer. Dit volg nadat tegniese ondersoeke bevestig het die dam is in ‘n gevaarlike en onveilige toestand. Die […]
In foto’s: Lily-myn ramp na 10 jaar herdenk

ActionSA lei vandag die tiende herdenking van die Lily-myn-tragedie, presies ‘n dekade sedert Pretty Nkambule, Solomon Nyirenda en Yvonne Mnisi lewend begrawe is toe ‘n skag op 5 Februarie 2016 ineengestort het. Hul families het gister in aanloop tot die herdenking ʼn klag by die Menseregtekommissie in Mbombela ingedien. ʼn Woordvoerder vir die families, Harry […]