Lefpa verleng Laeveld-brandseisoen

Hierdie onderhoud is deur die kliënte betaal.
Verkiesingsdag: Wat jy moet weet voor Woensdag

Suid-Afrikaanse kiesers sal in volgende week se plaaslike regeringsverkiesing twee of drie stembriewe ontvang, afhangend van waar hulle geregistreer is. Kiesers in plaaslike munisipaliteite sal drie stembriewe by die stembus ontvang. Met die eerste stembrief kies hulle ’n wyksraadslid, terwyl die tweede hulle die geleentheid bied om ’n politieke party te kies om hulle op […]
Nelspruit-eiendomme onder Gareth Mnisi-bates wat SAID bevries

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het ‘n voorlopige bewaringsbevel bekom op bates van die Stad Tshwane se hoof finansiële beampte, Gareth Mnisi, insluitend versekeie eiendomme in die Laeveld. Die Inkomstediens het vanoggend ook ‘n deursoeking en beslaglegging uitgevoer by sy kantoor as deel van ‘n belastingondersoek. Die Gauteng Hooggeregshof in Pretoria het die voorlopige bewaringsbevel in […]
Opdatering: Drie wat glo ietermagog probeer verkoop bly in aanhouding

Drie beskuldigdes het vanoggend in die Witrivier-landdroshof verskyn na hulle na bewering ‘n ietermagog vir R500 000 probeer verkoop het by ‘n skrootmetaalonderneming in Rocky Drift. Hulle is gister tydens ‘n lokoperasie deur die Valke in hegtenis geneem. Mlebo Nkosi, Hilton Dlamini en Richard Mokwena bly in aanhouding tot Vrydag wanneer hulle vir borgtog aansoek […]
Sewe verdagtes verbind met minstens twee huisrowe aangekeer in Nelspruit

Ses Mosambiekse en een Suid-Afrikaanse verdagte is Donderdag in hegtenis geneem ná ‘n huisroof in Brondal, buite Witrivier. Volgens die polisie is ‘n gesteelde voertuig Woensdag verlate in bosse langs ‘n pad in Low’s Creek gevind. Die volgende dag is verdagtes in Mataffin, Nelspruit, vasgetrek. Hulle was na bewering in besit van die sleutels tot […]
Grensbestuursowerheid stel nuwe voertuigteikenstelsel by Lebombo bekend

Die Grensbestuursowerheid (GBO) sê hy beweeg weg van ondoeltreffende kontroles na doelgerigte onderskeppings wat deur intelligensie en tegnologie gedryf word, om oorgrens voertuigsmokkelary te bekamp. Die voertuigteikenstelsel span kameras in om gesteelde voertuie, gekloonde nommerplate en vervalste dokumente van eienaarskap te identifiseer. Die kommissaris van die GBO, Michael Masiapato, het gister die bekendstelling by die […]
Veldwagter en veearts 10 jaar tronkstraf opgelê vir renosterstropery in Krugerwildtuin

Die voormalige Krugerwildtuin-streekbewaarder, Rodney Landela, en die voormalige staatsveeartstegnikus, Kenneth Mochocho, is elk tot effektief 10 jaar tronkstraf gevonnis op stropingsverwante aanklagte. Hulle is tien jaar na hul arrestasie deur die Skukuza-streekhof skuldig bevind op aanklagte van die onwettige jag van ‘n witrenoster in ‘n beskermde gebied sowel as die besit van ‘n vuurwapen met […]
Pas op met vuur te midde van baie hoë brandgevaar

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
VLU Odonata hou fyntee

Die VLU Odonata hou volgende Saterdag ‘n fyntee. Mariëtte Joubert gesels met ons oor die organisasie se ryk geskiedenis. Luister: Vir meer kontak Joubert by 083-334-0303.
SANParke verwelkom skuldigbevinding in dekade lange renosterstropery-saak

SANParke het die skuldigbevinding van ‘n voormalige Krugerwildtuin-streekbewaarder Rodney Landela en voormalige staatsveeartstegnikus Kenneth Mochocho verwelkom, op aanklagte van die onwettige jag van ‘n witrenoster in ‘n beskermde gebied, sowel as die besit van ‘n vuurwapen met die doel om ‘n misdaad te pleeg. Die saak dien al ongeveer tien jaar voor die howe. Vier […]