Twee in hegtenis geneem na Valke daggaplantasie en vuurwapens buite Nelspruit ontdek

‘n 71-jarige man en ‘n 32-jarige vrou is gister in hegtenis geneem op ‘n plaas buite Nelspruit met ‘n daggaplantasie, verwerkte dagga-ekstrak, vuurwapens en ammunisie. Volgens die Mpumalanga Valke is twee gewere, twee handwapens en ‘n groot hoeveelheid ammunisie tydens die multidissiplinêre operasie in beslag geneem. Die Valke sê voorlopige inligting dui daarop dat die […]

Nog vermeende onwettige mynwerkers aangekeer – die keer in Sabie

Dertien vermoedelik onwettige mynwerkers, insluitend twee vroue, is Sondag in Sabie as deel van Operasie Vala Umgodi aangekeer. Volgens die Mpumalanga-polisie is 12 van hulle burgers van Mosambiek en een kom van Eswatini. Hulle moet vandag in die hof verskyn. Saterdag is nege vermoedelik onwettige mynwerkers by Mashoboto in Schoemanskloof gearresteer (sien hiernaas). Die polisie […]

Tweede liggaam langs N4 ontdek na skietery

Nog ‘n liggaam is vanoggend langs die N4 Schoemanskloof ontdek, na ‘n skietery gisteraand.  Die eerste liggaam is gisteroggend gevind. Daar word vermoed dat dit verband hou met onwettige mynwerkers in die area.  ‘n Skietery het owerhede ook Dinsdagoggend genoop om dié roete tydelik te sluit vir verkeer.  Volgens Moeti Mmusi, die woordvoerder van die […]

Aansoeke vir spesiale stemme oop

Aansoeke vir spesiale stemme vir November se plaaslike regeringsverkiesing is amptelik oop. Geregistreerde kiesers wat nie op verkiesingsdag (4 November) by hul aangewese stempunt kan stem nie, word aangemoedig om aansoek te doen om op ‘n voorafbepaalde dag te stem. Die voorsiening is vir kiesers wat fisiek verswak, gestremd of swanger is of nie na […]

Malelane-hek môre gesluit weens jeugprotes

kontantbetalings kwotas in wildtuin

SANParke sê die Krugerwildtuin se Malelane-hek sal môre tydelik gesluit wees weens ‘n beplande optog deur werklose jeugdiges van Nkomazi. Die organiseerders beplan ‘n vreedsame optog om kwellinge te opper oor kwessies wat werklose jongmense in die area aangrensend aan die wildtuin raak. Volgens SANParke was pogings om met die organiseerders te vergader voor die […]

Borgtog toegestaan aan verkragting-beskuldigde in Nelspruit

Die bekende 32-jarige figuur in plaaslike gesondheidsorg- en fiksheidskringe wat aangekla word weens seksuele aanranding en verkragting is borgtog van R2 000 toegestaan in die Nelspruit-landdroshof. Die saak is uitgestel tot 15 Oktober vir verdere ondersoek. Sy borgvoorwaardes sluit in dat hy twee keer per week by die Nelspruit-polisiestasie moet aanmeld. Hy mag ook nie […]

Finale stemmery open vir Skryf’it-kompetisie

Coenie Naudé het jou stem ‘n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie Geraas in die FAK Skryf’it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. Luister weer hier: SMS “AD1 + jou naam” na 45730 en besoek skryfit.co.za om na die akoestiese weergawe saam met sy ghoeroe Ampie du […]

Drie mense, waaronder twee toeriste, sterf in botsing op N4 naby Ngodwana

Drie mense, insluitend twee toeriste van Ierland*, het gesterf in ‘n botsing waarby verskeie voertuie op die N4 naby Ngodwana betrokke was. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid se Zandile Mavuso het ‘n vragmotor Woensdagmiddag op die Kaapsehooppad deur die kruising jaag en met drie voertuie op die N4 gebots. Dit sluit twee bakkies en […]