Securicon se John Mhlongo steeds op sy pos

‘n Storm het verlede week losgebars oor berigte dat Laerskool Nelspruit se geliefde hekwag, John Mhlongo, verwyder is. Dit na ‘n ouer gekla het sy warme verwelkomings ontwrig soggens verkeer by die skool. Callum MacPherson van Securicon en skoolhoof, Jaco Hauptfleisch, vertel vir Laeveld Brunch dat dié geliefde wag nêrens heen gaan nie. Luister weer:

Pumas opgewonde voor tuis halfeindstryd

Die Pumas en Cheetahs speel Vrydagaand om 18:00 by Mbombela-stadion in die SA Beker se eerste halfeindstryd voor die Griekwas Saterdag gashere is vir die Boland Kavaliers in Kimberley. Dié vier spanne het ook gekwalifiseer vir vanjaar se Curriebeker Premierafdeling. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister:

Raad met vrugtebome

Elzabé de Bruyn het raad oor hoe om hierdie tyd van die jaar jou vrugtebome organies te benader. Luister:

Innibos vier Laeveld se eie sterre

Innibos is ‘n trots Laeveldse kunstefees en sluit altyd ‘n gesonde dosis plaaslike kunstenaars IN. Die fees vier ook die week “Local is Lekker” met weekkaartjies wat vandag teen ‘n spesiale aanbod verkoop word. Bykans ’n derde van die kuierverhoog-kunstenaars kom uit eie bodem.  “Ons is ongelooflik trots daarop dat soveel van ons eie Laeveldse […]

Donna hardloop vir CHOC Foundation

Donna James is op ‘n missie om fondse in te samel vir die CHOC Foundation wat kinders met kanker ondersteun. Sy hardloop vanjaar ‘n reeks ultra-marathons in die buiteland daarvoor. Die 150 km in Egipte is reeds agter die blad. Die Great Wall of China-marathon wag op haar. Luister weer: Die BackaBuddy-veldtog kan hier ondersteun […]

Twee van Mpumalanga op pad na Statebondspele vir Skaak

Twee spelers van Mpumalanga is vanjaar ingesluit by die span om Suid-Afrika by die Statebond Skaakkampioenskap in Sri Lanka te gaan verteenwoordig. Junior Meesters Bafana Sgudhla (14) en Nkosikhona Jele (19) kuier saam met die president van Mpumalanga Skaak, Vumi Maluleke, by die Middag Game Drive. Luister hier: