Weermaglid steeds vermis na voertuig by Komatipoort wegspoel 

Die liggaam van ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is gevind en ‘n ander word steeds vermis na hul voertuig op Kersdag meegesleur is terwyl hulle in Makadamia naby Komatipoort gery het. Die weermagwoordvoerder, Mpho Mathebula, sê terwyl hulle roetine-patrolliepligte uitgevoer het, het hulle probeer om ‘n rivier in vloed weens die swaar reën […]

Botsing reg van voor eis sewe op N4

Sewe mense is dood en een beseer toe twee sedans vroeg Saterdagoggend reg van voor gebots het op die N4-tolpad tussen Machadodorp en Belfast. Die woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die oorsaak word nog ondersoek, maar voorlopige aanduidings dui op gevaarlike verbysteek en oormatige spoed as moontlike faktore. Luister: 

Soektog duur voort na tiener vermis in Mosambiekse water

Die soektog na Rikus Kylander (18), die matrikulant van Krugersdorp wat verlede Donderdag by Ponta do Ouro in Mosambiek vermis geraak het, gaan voort. Volgens Dawn Gounden van Renegades Search & Rescue bly soekspanne, vrywilligers en ondersteuningsagentskappe toegewyd aan die soektog, ten spyte van uitdagende omstandighede. Sien ook: Soektog duur voort na vermiste 18-jarige in […]

Platejoggie op Oukersaand in Masoyi doodgeskiet

Twee verdagtes is in Masoyi in hegtenis geneem in verband met ‘n vuurwapen wat vermis geraak het ná ‘n skietvoorval by ‘n taverne Woensdagaand. Die polisie het ‘n moordsaak en ‘n geregtelike doodsondersoek geopen na ‘n platejoggie op Oukersaand by ‘n taverne in Mganduzweni Trust in Masoyi naby Witrivier doodgeskiet is. Volgens die Mpumalanga polisie […]

Ongeluk eis drie tussen Kaapsehoop en Mbombela

Drie mense is Saterdag oorlede toe ‘n minibus-taxi omgeslaan het op die D799 tussen Kaapsehoop en Mbombela. Die bestuurder het moontlik op ‘n draai beheer verloor.  Drie manlike passasiers is op die toneel dood verklaar. Nog ‘n passasier is kritiek beseer en vier ernstig. Volgens die departement was die minibus van Johannesburg na Mosambiek onderweg […]

Internasionale tennis op pad na Mbombela in 2026

Suid-Afrika sal in 2026 14 weke van die Internasionale Tennisfederasie se Wêreld Tennistoer-toernooie aanbied. Twee weke daarvan is die eerste Mbombela Ope Wêreldreeks wat in April begin. Tennis Suid-Afrika sê die uitgebreide kalender bied aan Suid-Afrikaanse spelers die geleentheid om tuis deel te neem, waardevolle punteleer punte te verdien en noodsaaklike internasionale ervaring op te […]

Verdagtes gesoek na inbraak by bank in Lydenburg

misdaad

Die polisie in Lydenburg soek verdagtes na ‘n inbraak by ‘n bank. Personeellede wat gister vir diens aangemeld het, het ‘n sterk en ongewone reuk binne die gebou opgemerk en ‘n inspeksie van die perseel het aan die lig gebring dat die kitsbankkamer beskadig is. Een OTM is mee gepeuter en ‘n onbekende bedrag kontant […]

Gade inspireer ”n Spikkel in die lug’

Martie Naudé se tweede kinderboek, ‘n Spikkel in die lug, is by die drukkers – net betyds vir Kersfees. Sy vertel hoe haar boek gebore is. Luister:  Kontak 079-775-3294 vir bestellings.