Skryf hierom in vir Mev. Mpumalanga

Inskrywings het geopen vir vanjaar se Mev. Mpumalanga-kompetisie en sluit eersdaags. Zahné Botha en Amelia Roux gesels met die Middag Game Drive. Luister hier:
Ondersteun GRIP met SPAR Women’s Challenge

Op 18 Julie vind die SPAR Women’s Challenge Mbombela plaas en die Greater Rape Intervention Project (GRIP) is weer die begunstigde. Tarryn Lokotsch gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Securicon se John Mhlongo steeds op sy pos
‘n Storm het verlede week losgebars oor berigte dat Laerskool Nelspruit se geliefde hekwag, John Mhlongo, verwyder is. Dit na ‘n ouer gekla het sy warme verwelkomings ontwrig soggens verkeer by die skool. Callum MacPherson van Securicon en skoolhoof, Jaco Hauptfleisch, vertel vir Laeveld Brunch dat dié geliefde wag nêrens heen gaan nie. Luister weer:
Safari Outdoor gaan groot by NAMPO

Hierdie onderhoud is deur die kliënt betaal.
Pumas opgewonde voor tuis halfeindstryd

Die Pumas en Cheetahs speel Vrydagaand om 18:00 by Mbombela-stadion in die SA Beker se eerste halfeindstryd voor die Griekwas Saterdag gashere is vir die Boland Kavaliers in Kimberley. Dié vier spanne het ook gekwalifiseer vir vanjaar se Curriebeker Premierafdeling. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Raad met vrugtebome

Elzabé de Bruyn het raad oor hoe om hierdie tyd van die jaar jou vrugtebome organies te benader. Luister:
Mbombela Ope lok internasionale tennisspelers
Die Mbombela Open Global Series loop Sondag ten einde met die eindstryde. Sabelo Mathebula gesels met ons oor dié internasionale tennistoernooi. Luister hier:
Innibos vier Laeveld se eie sterre

Innibos is ‘n trots Laeveldse kunstefees en sluit altyd ‘n gesonde dosis plaaslike kunstenaars IN. Die fees vier ook die week “Local is Lekker” met weekkaartjies wat vandag teen ‘n spesiale aanbod verkoop word. Bykans ’n derde van die kuierverhoog-kunstenaars kom uit eie bodem. “Ons is ongelooflik trots daarop dat soveel van ons eie Laeveldse […]
Donna hardloop vir CHOC Foundation

Donna James is op ‘n missie om fondse in te samel vir die CHOC Foundation wat kinders met kanker ondersteun. Sy hardloop vanjaar ‘n reeks ultra-marathons in die buiteland daarvoor. Die 150 km in Egipte is reeds agter die blad. Die Great Wall of China-marathon wag op haar. Luister weer: Die BackaBuddy-veldtog kan hier ondersteun […]
Dialise-eenheid open by Rob Ferreira-hospitaal

Rob Ferreira-hospitaal het onlangs amptelik sy dialise-eenheid geopen. Dr. Salah Bashir vertel hoe ‘n groot verskil dit in pasiënte se lewens maak. Luister hier: