Wilde perdetrop van Kaapsehoop word vermis

Die Kaapschehoop Conservancy doen ‘n beroep op die publiek om hulle te help om sewe perde te vind wat sedert einde van Maart vermis word.  Die hings, drie merries en drie vulletjies is gewoonlik naby die Kaapsehoop Gasteplaas-ingang gewaar, ongeveer 25 km vanaf Nelspruit op pad na Kaapsehoop.  ‘n Beloning van R5,000 word aangebied vir […]

Calvary Christian School is 40 jaar oud

Calvary Christian School vier eersdaags sy 40ste bestaansjaar. Die skoolhoof, past. Pierre Eloff, gesels saam met past. Steve Maritz en sy vrou Mercia Maritz met Laeveld Brunch oor hoe hulle dit vier. Luister hier:

Griekwas troef Pumas in SA Beker

Die Pumas het die naweek met 34-44 teen die Griekwas die knie gebuig in Kimberley, maar lê steeds tweede op die SA Beker-punteleer met twee rondes oor. Die top vier spanne kwalifiseer om vanjaar in die Curriebeker te speel. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, is egter opgewonde dat die Pumas die geleentheid gaan kry om hulself teen […]

Alles wat IN is op die verhoog, begin by Toyota Innibos

As daar ooit ’n tyd was om alles wat IN is eerstehands te beleef, is dit tydens vanjaar se Toyota Innibos vanaf 2 tot 5 Julie. Verkope van produksiekaartjies open Donderdag, 30 April en feesgangers word genooi om hulself te verdiep in die wêreld van teater. Naranda Leeuwner vertel vir Sonop Ontbyt waarna feesganders alles […]