Laeveld-atlete op pad na moderne vyfkamp-wêreldkampioenskap

‘n Totaal van 35 atlete van Mpumalanga het vanjaar gekwalifiseer om aan die moderne vyfkamp-wêreldkampioenskap deel te neem. Dit word in Desember in Mosselbaai aangebied. Jean Eksteen (o/15), Jessica Matthysen (o/17), Lara Janse van Rensburg (o/17) en Hannah Morgado (o/13) tel onder die wat uitblink in biathle, triathle en Laser Run. Hulle kuier in die […]

So raak stelsel vliegtuiglandings by KMI-lughawe

Weens onweer die afgelope week in die Laeveld is verskeie vlugte na die Kruger Mpumalanga Internasionale-lughawe ontwrig. Mphilo Dlamini, Air Traffic & Navigation Services (ATNS) se hoof van korporatiewe sake en kommunikasie, verduidelik hoekom die opgeskorte instrumentvlugprosedures beteken dat vlugte nie tans in gure weer kan land nie. Luister:

Borgtog vir polisiebeamptes wat glo in Lydenburg steel

Borgtog is Vrydag toegestaan aan vier polisiebeamptes verbonde aan die Limpopo-polisie wat van huisbraak aangekla word. Hulle is verlede Vrydag saam met ‘n burgerlike man in Lydenburg gearresteer na hulle na bewering kontant en onwettige sigarette by Ethiopiese burgers gesteel het. Twee Ethiopiërs is weens onwettige sigarette en ‘n groot bedrag kontant in hegtenis geneem. […]