Ondersteun GRIP só vir 16 Dae van Aktivisme

The Greater Rape Intervention Project (GRIP) benodig baie ondersteuning hierdie tyd van die jaar, want tot 10 gevalle van geslagsgebaseerde geweld word per dag by hul 17 sorgkamers aangemeld tydens die feestyd. Tarryn Lokotsch van GRIP vertel vir Sonop Ontbyt meer oor hul 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog. Luister: Koop […]

Ondersteun mense met gestremdhede: Gee hulle toegang

Die Mpumalanga Association of People with Disabilities (APD) is besig met hul doeke-insameling. Thulakahle Khumalo gesels met ons oor gestremdhede in die werksplek. Luister:  Ondersteun die doek-insameling en vind hulle by Silver Oak St, Pumlanga AH, Mbombela, skakel 013-741-3699 of besoek hul webtuiste hier.

Wyksraadslid skiet en wond glo twee in Pienaar

misdaad

‘n 34-jarige wyksraadslid van Pienaar verskyn vandag in die Kanyamazane Periodieke Hof op twee aanklagte van poging tot moord. Die polisie in Mpumalanga sê ‘n onderonsie het Donderdag ontstaan tussen die pa van ’n 16-jarige meisie wat selfdood gepleeg het en die familie van haar oorlede ma. Die familie was glo ongelukkig dat die pa […]

Sportverslag met Anton van Niewenhuizen

Sport-foendie Anton van Niewenhuizen gesels oor die naweek se Springbok-oorwinning oor Ierland en die Proteas se aangaande kriekettoets teen Indië met Laeveld Brunch. Luister weer:

SANParke vier Groen Skerpioene

SANParke het gister saam met die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing die eerste keer Omgewingsbestuursinspektoraatdag gevier. Die Krugerwildtuin, Kgalagadi-oorgrenspark, Camdeboo Nasionale Park en Tafelberg Nasionale Park het ‘n reeks aktiwiteite in samewerking met belanghebbendes aangebied. Die doel is om die publiek bewus te maak oor die belangrike rol wat omgewingbestuurinspekteurs – algemeen bekend […]

Jaggewere wat tydens huisbraak in Witrivier gesteel is, verlate gevind in Pienaar

Die polisie in Pienaar ondersoek ‘n saak na vuurwapens verlate gevind is. Hulle het gereageer op inligting oor ‘n groep individue wat na bewering vuurwapens van Mataffin na Pienaar in ‘n Nissan-bakkie vervoer het. Die voertuig is in die Karino-gebied opgemerk en ‘n polisiebeampte het dit gevolg. Naby Moyeni Mall het twee manlike passasiers met […]