Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy ‘n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti. Aangesien hy nie regtig ‘n rekord kon opspoor om te breek nie, gaan hy een opstel. Almal is genooi om te kom saam eet. Luister weer:

Twee mans verdrink, een steeds vermis

Die polisie in Mpumalanga het geregtelike doodsondersoeke begin na twee afsonderlike verdrinkings.  Lucky Fanyana Shongwe (42) het Maandagmiddag in die Sithobela-rivier in Hartebeeskop verdrink terwyl hy ‘n spirituele reinigingsritueel uitgevoer het. Vroeër dieselfde dag is ‘n man meegesleur terwyl hy saam met vier ander die KaMambedla-rivier in Low’s Creek probeer oorsteek het. Adriaan Jerry Makhubela se […]

Motorfietsryers rev dit vanjaar vir klein Caleb

Pediatric Care Africa se Ride for a Child vind vanjaar die sewende keer plaas. Volgens dr. André Hattingh het hulle besluit om vanjaar daarop te fokus om een spesifieke kind te help: Die sewe-maande oue Caleb van Wyk van Nelspruit, wat ‘n baie seldsame breintoestand het en ‘n duur operasie benodig. Hattingh sê hulle het […]

Noorde van Krugerwildtuin begin heropen

Oornagbesoekers word nou weer in dele van die noorde van die Krugerwildtuin verwelkom, na kampe en toegangshekke weens oostromings moes sluit. Die Phalaborwa-hek en Phabeni-hek kan gebruik word. Bateleur-boskamp heropen môre. Mopani-ruskamp sal teen Vrydag heropen, buiten vir die restaurant en swembad. Letaba en Shingwedzi sowel as Pafuri bly ontoeganklik en gesluit. Orpen-hek is slegs […]

Ma: ‘Kry hulp vir jou neurodiverse kind’

Yolanda Gani, ’n disleksie-spesialis, en ‘n plaaslike ma, Amanda Broodryk, is op ‘n missie op ouers en skole beter toe te rus in die ondersteuning van neurodiverse kinders, spesifiek kinders met ADHD, ADD, disleksie en ander leeruitdagings. “Moenie bang wees om vir jou neurodiverse kind hulp te kry nie,” sê Broodryk. Luister weer:

Kies die lewe: Spreek onverwerkte trauma aan

Die pastorale berader, past. Carin Myburgh van die Trinity Truth Foundation, sê vir Saterdag Ontbyt dat ‘n traumatiese  ervaring wat nooit volledig verwerk word nie jare later steeds spanning, angs, of selfs liggaamlike simptone kan veroorsaak. Luister hier:

Inspeksie by Senteeko-dam toon uitloop-struktuur is moeilik herstelbaar

Die Departement van Water en Sanitasie sê ‘n veiligheidsinspeksie by die Senteeko-dam buite Barberton het getoon dat die uitloop-struktuur so verswak het, dat dit moeilik herstelbaar sal wees. Ingenieurs was gister besig met ‘n sekondêre uitloop as noodmaatreël. Gemeenskappe stroomaf van die dam is gewaarsku om as voorsorgmaatreël na hoër grond te beweeg, weens die […]

Opdatering: Senteeko-damwal meer stabiel na watervlakke daal maar waarskuwings bly in plek

Die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier in die Barberton-vallei se watervlakke het kennelik gedaal en erosie van die oorloop het afgeneem, na die die damwal gedreig het om in te gee. Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku egter die dam-struktuur bly onstabiel en waarskuwings bly in plek. Die Departement van Water en Sanitasie se hoof van die Spesialiseenheid […]

Mpumalanga vloedskade op R3,5 milj. beraam

Mpumalanga het na raming R3,5 miljard se skade gely tydens die onlangse oorstromings. Die woordvoerder van die provinsiale departement vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Freddy Ngobe, sê die grootste skade is in Ehlanzeni-distrik aangerig met Mbombela en Nkomazi wat die ergste deurgeloop het. Voorlopige verslae toon R160 miljoen se skade is gely in […]