Operation Smile herstel glimlagte in Mbombela

Operation Smile South Africa doen ‘n beroep op individue en gesinne om na vore te kom vir gratis chirurgie en omvattende sorg vir gesplete lippe en verhemeltes in Mbombela hierdie Julie, in vennootskap met die Mpumalanga-departement van gesondheid. Dit behels gratis sifting, chirurgie en multidissiplinêre sorg vanaf 24 tot 26 Julie, asook ‘n gratis mondgesondheidsprogram […]

Botsing eis vier op N4 buite Mbombela

Vier mense is vroeg vanoggend oorlede in ’n botsing tussen twee minibustaxi’s en ’n vragmotor op die N4 tussen Schagen en Sudwala buite Mbombela. Voorlopige berigte dui daarop dat die vragmotor van agter teen ‘n minibustaxi met ‘n sleepwa gebots het, beheer verloor het, in aankomende verkeer ingery het en ’n tweede taxi wat van […]

Pumas verloor naelskraap teen Haaie in Curriebeker

Die besoekende Haaie het die Pumas Vrydag met 26-24 in die eerste Curriebeker-kragmeting by Mbombela-stadion getroef. Die oorwinning het die Haaie vyf punte op die punteleer besorg, met die Pumas wat twee verdien het met hul verloorbonuspunt. Die Pumas se volgende drie wedstryde word weg gespeel. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, […]

Brand verwoes pakhuis in Krugerwildtuin

SANParke ondersoek die oorsaak van ‘n brand wat laat Saterdag by ‘n pakhuis in Skukuza, in die Krugerwildtuin, uitgebreek het. Daar was geen onmiddellike risiko vir gaste of kern-bedryfsfasiliteite nie, aangesien dit ‘n aansienlike afstand van alle toerisme-akkommodasie en administratiewe kantore geleë is. SANParke sê die pakhuis het kritieke infrastruktuurkomponente gehuisves, wat ‘n korttermyn-invloed op […]

Twee ongelukke eis agt lewens

‘n Ondersoek is geloods na ‘n botsing waarin vier mense Saterdagoggend op die R577 tussen Roossenekal en Mashishing gesterf het. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid is een persoon beseer. Daar word vermoed dat die bestuurder van die Volkswagen beheer verloor het, waarna die voertuig omgeslaan het. Die vier oorledenes sluit in die bestuurder en […]

Luilekker Sondag: Jacques Lombard

Jacques Lombard is ‘n bekende gesig in die Laeveld en hy onlangs ‘n nuwe nering by sy lang lys aktiwiteite gevoeg: Dié van kunstenaar. Hy gesels met Luilekker Sondag. Luister weer: