Meer as 480 vermeende onwettige mynwerkers het gister in die Barberton-landdroshof verskyn.
Onder hulle tel vier minderjariges.
Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga sluit die aanklagte teen hulle betreding, die diefstal van gouddraende materiaal en oortreding van die Immigrasiewet in.
Luister:
Hulle is Vrydag by ‘n Barberton-myn aangekeer tydens ‘n gesamentlike operasie tussen die polisie en Sheba-myn teen onwettige mynbou-aktiwiteite.
Sien ook: Honderde onwettige immigrante in Barberton gearresteer
Van die beskuldigdes is daar aan 26 borgtog van R2 000 elk toegestaan.
Die saak is uitgestel tot 11 en 12 Augustus vir nog moontlike borgaansoeke.
Author
Mireille
You may also like
Continue reading
