Malelane-hek môre gesluit weens jeugprotes

kontantbetalings kwotas in wildtuin

SANParke sê die Krugerwildtuin se Malelane-hek sal môre tydelik gesluit wees weens ‘n beplande optog deur werklose jeugdiges van Nkomazi. Die organiseerders beplan ‘n vreedsame optog om kwellinge te opper oor kwessies wat werklose jongmense in die area aangrensend aan die wildtuin raak. Volgens SANParke was pogings om met die organiseerders te vergader voor die […]

Borgtog toegestaan aan verkragting-beskuldigde in Nelspruit

Die bekende 32-jarige figuur in plaaslike gesondheidsorg- en fiksheidskringe wat aangekla word weens seksuele aanranding en verkragting is borgtog van R2 000 toegestaan in die Nelspruit-landdroshof. Die saak is uitgestel tot 15 Oktober vir verdere ondersoek. Sy borgvoorwaardes sluit in dat hy twee keer per week by die Nelspruit-polisiestasie moet aanmeld. Hy mag ook nie […]

Finale stemmery open vir Skryf’it-kompetisie

Coenie Naudé het jou stem ‘n finale keer nodig vir sy oorspronklike liedjie Geraas in die FAK Skryf’it-kompetisie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor wat die kompetisie en liedjie vir hom beteken. Luister weer hier: SMS “AD1 + jou naam” na 45730 en besoek skryfit.co.za om na die akoestiese weergawe saam met sy ghoeroe Ampie du […]

Drie mense, waaronder twee toeriste, sterf in botsing op N4 naby Ngodwana

Drie mense, insluitend twee toeriste van Ierland*, het gesterf in ‘n botsing waarby verskeie voertuie op die N4 naby Ngodwana betrokke was. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid se Zandile Mavuso het ‘n vragmotor Woensdagmiddag op die Kaapsehooppad deur die kruising jaag en met drie voertuie op die N4 gebots. Dit sluit twee bakkies en […]

Dis lente: Plant nou dít in jou groentetuin

Elzabé de Bruyn, die organiese groentetuinkenner, was Saterdag weer by Charles in die Saterdag Ontbyt-ateljee om te vertel wat plant ons nou dat dit lente is en hoe om die grond daarvoor voor te berei. Luister weer:

Dameskring omarm Afrikaans

Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar ‘n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van “Omarm”. Luister weer: Kontakbesonderhede vir meer inligting en kaartjies is [email protected] of 082-927-7320.

El Niño en malaria die somer: Wat jy moet weet

Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met ‘n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou. Luister hier: