Help Baba Caleb op sy reis na heling

Kort na Baba Caleb se geboorte op 25 Junie het sy ouers ‘n hartverskeurendste diagnose ontvang: Hemimegalencephaly (HME). Dit is ‘n uiters skaars en ernstige breintoestand waar een kant van die brein abnormaal groei. Dit veroorsaak onbeheerbare epileptiese aanvalle. Sy ma, Lara van Wyk, verduidelik die toestand. Luister: Vind die BackaBuddy-rekening hier: Help Baby Caleb […]

Busongeluk eis vyf lewens

Vyf mense is dood toe ‘n bus gistermiddag op die R33 tussen Mkhondo en Amsterdam omgeslaan het. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het die bestuurder na vermoede beheer verloor weens die nat toestande op die pad. Die oorsaak word ondersoek. Ses mense is ernstig beseer en 20 het geringe beserings opgedoen. Hulle is na […]

Sportverslag met Anton 1 Desember

Die Springbok-slot Eben Etzebeth kan ʼn lang skorsing verwag na hy ‘n rooikaart gekry het in Saterdag se oorwinning van 73-0 oor Wallis . Red Bull-renjaer Max Verstappen het die Katar Grand Prix gewen om te verseker die bestuurderskampioenskap word die komende naweek in die seisoen se laaste wedren in Abu Dhabi bepaal. Die Springbok-sewespan […]

Botsing eis drie tussen Barberton en Manzana

Drie mense is vroeg vanoggend dood toe ‘n vragmotor en minibus-taxi trompop gebots het op die R38 tussen Barberton en Manzana. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sluit die slagoffers twee passasiers en die taxi-bestuurder in. Die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen. Die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is onderweg, maar die departement […]

NVG: Mpumalanga mensehandel brandpunt

Dit is 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê Mpumalanga word beskou as ‘n brandpunt vir mensehandel. Adv. Beauty Chibangu van die NVG is die voorsitter van die vinnige reaksie-taakspan in die provinsie. Luister weer: 

Ondersteuning in oorvloed na brand Picasso’s verwoes

Picasso’s by Casterbridge in Witrivier is Maandagaand in ‘n brand verwoes. Die eienaar, Garth Snyman, sê die oorsaak is nog onbekend, en dit sal maande neem om te herbou. Hy sê die gemeenskap se ondersteuning sover was oorweldigend. Luister: ‘n Backabuddy-rekening is geopen om die werknemers te ondersteun. Ondersteun dit hier: A Bridge for the […]

Matumi Retail amptelik geopen

Matumi Retail Centre is amptelik geopen en ons was daar met ons LDV South Africa-bakkie. Maak seker jy kom kyk wat dié nuwe sentrum alles bied.