Juan Bester stel ‘Hallo Mams’ vry

Die plaaslike rapper, Juan Bester, het ‘n nuwe enkelsnit vrygestel. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor Hallo Mams. Luister hier:
Vryemarkstigting het plan teen geweldsmisdaad

Niemand blyk ‘n daadwerklike plan te hê oor hoe om die hoë vlakke van geweldadige misdaad in Suid-Afrika hok te slaan nie. Die Vryemarkstigting het voorstelle. Dit is radikaal, maar grondwetlik, sê Martin van Staden, die hoof van beleid, maar daar is geen politieke aptyt voor nie. Luister:
Man wat polisiebeampte-vrou glo vermoor bly in aanhouding

Die man wat in hegtenis geneem is weens die moord op sy polisiebeampte-vrou in Ntunda naby Tonga verlede week, het gister weer in die Nkomazi-landdroshof verskyn. Sipho Ngomane (48) het Vrydag sy eerste hofverskyning gemaak na sy arrestasie weens huishoudelike geweld waartydens hy na bewering sy vrou doodgesteek het met ‘n mes. Volgens die Mpumalanga […]
Wees op die uitkyk vir motorfietse

Motoriste is nie gewoond daaraan om op die uitkyk te wees vir motorfietse nie. Johan du Plessis en Francois Neuhoff van Lowveld Motorcycle Training & Country Tracks vra: “Look twice for bikes”. Luister hier:
TRAC gereed vir vakansieverkeer

TRAC berei voor vir ‘n aansienlike toename in verkeer op die die Maputo-korridor, wat Gauteng, Mpumalanga en Maputo verbind soos die feestyd nader kom. TRAC het verskeie maatreëls geïmplementeer om verkeersvloei op die N4 te bestuur en padveiligheid te verbeter. Alle TRAC N4-tolplazas sal gedurende geïdentifiseerde spitsdatums ten volle beman wees om die verwagte toename […]
Honderde stuks wild uit Marloth Park verskuif

Na jare se binnegevegte oor hoe om die oorbevolking van wild in Marloth Park op te los, is honderde diere onlangs verwyder en na Balule-wildreservaat in Hoedspruit verskuif. Soveel as 600 rooibokke, 150 koedoes, 150 vlakvarke, 80 bosbokke, 45 sebras, 40 wildebeeste en 20 kameelperde is verwyder. Foto’s ter illustrasie: Ruth Smit Cindy Benson, die voorsitter van die belastingbetalersvereniging, vertel hoe […]
Man steek glo ander met skêr weens beweerde diefstal

‘n Man is vanoggend hospitaal toe geneem na hy in Ehmkestraat naby Blue Gate in Mbombela ineengestort het. Volgens Callum Mac Pherson van Securicon was een van hul lede in die omgewing toe die man om ongeveer 10:55 skreeuend uit die Villlage-parkie te voorskyn kom. Hy het op die hoek van Ehmke- en Ferreira-strate op […]
Kies Mpumalanga PVC vir premium oplossings

Hierdie onderhoud is betaal deur die kliënt.
Botsing eis sewe lewens

Sewe mense is vroeg vanoggend in ‘n botsing tussen ‘n sedan en ‘n bakkie oorlede op die N12 tussen Ogies/Phola en eMalahleni. Dit het om ongeveer 04:30 gebeur. Volgens die woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het die bakkiebestuurder oënskynlik beheer verloor en oor die middelman voor die aankomende sedan ingery. Hy […]
Vierde ontsnapte man heraangekeer

‘n Vierde verdagte wat die naweek uit aanhouding in die Lydenburg-polisiestasie ontsnap het, is gister in Kabokweni aangekeer. France Malatjie is een van ses verhoorafwagtende mans wat ontsnap het. Nog drie voortvlugtiges is tot dusver herarresteer. Malatjie sal na verwagting vandag in die Mashishing-landdroshof verskyn op aanklagte van ontsnapping uit aanhouding. Twee ander, Fana Fenyane […]