Polisie red twee ontvoeringslagoffers, arresteer drie verdagtes in Kabokweni

Twee ontvoeringsslagoffers is gister tydens ‘n multidissiplinêre operasie deur die Mpumalanga teenkaping-taakspan en ‘n private sekuriteitsmaatskappy in Kabokweni gered. Drie verdagtes is in hegtenis geneem. Die slagoffers se gekaapte voertuig is ook teruggevind. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Mpho Nonyane-Mpe, het hulle die verdagtes na ‘n huis in Manyeveni opgespoor. Hulle het die manlike slagoffer glo gedwing […]

Safari Gids van die Jaar vier 15 jaar

Safari Gids van die Jaar is hierdie jaar 15 jaar oud. Die 2026 kompetisie vind plaas 18 tot 24 Junie. Vyf finaliste is reeds gekies en die finale sal in die Groter Kruger wees. Mike Karantonis, die stigter en ‘n beoordelaar, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:

Laeveld se krieketster Katie Prior sprei vlerke met toer na Japan

Van die Laeveld na Japan… Die plaaslike krieketspeler Katie Prior het onlangs aan die jaarlikse Women’s Japan Premier League deelgeneem. Sy gesels met die Middag Game Drive oor haar reis van speel vir Mpumalanga Dogters o.19 en Mpumalanga Vroue – tot nou vir die Titans in Pretoria asook haar onlangse krieketprestasies in Japan. Luister hier:

Innibos 2026 kom al nader – is jy IN?

Daar is minder as ‘n maand oor voor Innibos 2026 op 2 Julie afskop. Naranda Leeuwner sê vir Sonop Ontbyt die kaartjies verkoop flink en feesgangers moet veral produksiekaartjies opraap terwyl hulle nog kan. Luister: 

Plaaslike meesterspeler op pad na hokkiewêreldbeker

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende hokkiewêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive oor hoe sy die sport eers na skool begin beoefen het. Luister:

SA onderwysers brand uit

Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is ‘n krisis met tot soveel as 70% van opvoeders wat dit na berigte ervaar, en byna 50% wat die beroep binne hul eerste vier jaar verlaat. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings. Luister hier:

Twee verdagtes in Mosambiek gearresteer weens Krugerwildtuinmoorde

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, het die inhegtenisneming van twee verdagtes in Mosambiek bevestig i.v.m die wrede moord op twee Suid-Afrikaanse toeriste in die Krugerwildtuin byna twee weke gelede. Dina en Ernst Marais is op 20 Mei by Crooks Corner vermoor. Hul liggame is op 22 Mei deur ander toeriste […]

Hoe gemaak met teistering in die werkplek?

Linda Brenchley, ‘n bedryfsielkundige, verduidelik hoe algemeen en skadelik verskillende tipes teistering in die werkplek is, en wat jy daaromtrent kan doen. Luister hier: