Oktober is Downsindroommaand

Oktober is bewusmakingsmaand vir Downsindroom. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees. Luister hier:

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive. Luister hier:

Luilekker Sondag: Soul Taxi

Jamie Negrao en Neil Fishwick van Soul Taxi was gister Anne se gaste tydens Luilekker Sondag. Luister hier:

Build it Witrivier heropen

Build it Witrivier het ‘n splinternuwe voorkoms om beter in die gemeenskap se behoeftes te voorsien.Ons saai vanoggend regstreeks uit vanaf die amptelike heropening.Sluit by 100.5FM aan en maak gebruik van hope spesiale aanbiedinge!

Opdatering: Drie wat glo ietermagog probeer verkoop bly in aanhouding

Drie beskuldigdes het vanoggend in die Witrivier-landdroshof verskyn na hulle na bewering ‘n ietermagog vir R500 000 probeer verkoop het by ‘n skrootmetaalonderneming in Rocky Drift.  Hulle is gister tydens ‘n lokoperasie deur die Valke in hegtenis geneem. Mlebo Nkosi, Hilton Dlamini en Richard Mokwena bly in aanhouding tot Vrydag wanneer hulle vir borgtog aansoek […]

Sewe verdagtes verbind met minstens twee huisrowe aangekeer in Nelspruit

Ses Mosambiekse en een Suid-Afrikaanse verdagte is Donderdag in hegtenis geneem ná ‘n huisroof in Brondal, buite Witrivier. Volgens die polisie is ‘n gesteelde voertuig Woensdag verlate in bosse langs ‘n pad in Low’s Creek gevind. Die volgende dag is verdagtes in Mataffin, Nelspruit, vasgetrek. Hulle was na bewering in besit van die sleutels tot […]

Grensbestuursowerheid stel nuwe voertuigteikenstelsel by Lebombo bekend

Die Grensbestuursowerheid (GBO) sê hy beweeg weg van ondoeltreffende kontroles na doelgerigte onderskeppings wat deur intelligensie en tegnologie gedryf word, om oorgrens voertuigsmokkelary te bekamp. Die voertuigteikenstelsel span kameras in om gesteelde voertuie, gekloonde nommerplate en vervalste dokumente van eienaarskap te identifiseer. Die kommissaris van die GBO, Michael Masiapato, het gister die bekendstelling by die […]