100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Airlink vervroeg vlugte na Johannesburg

Written by on August 3, 2020

Vanaf 17 Augustus kan jy teen ‘n spesiale tarief tussen Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe (KMI-lughawe) en O.R. Tambo-lughawe pendel.
Dié Airlink-vlugte sal van dan af vroeër vertrek om dit meer gerieflik te maak vir passasiers wat aansluitingsvlugte moet haal, soos na Bloemfontein, Port Elizabeth en Kaapstad.
‘n Eenrigting-vliegkaartjie begin by R998 en retoer by R1 938.
Rodger Foster, uitvoerende hoof van SA Airlink, sê hul mitigasie-program sluit in hoë-doeltreffende-lugfilters, wat die lug in die kajuit steriliseer.

Die vlug sal weeksdae om 12:15 vanaf O.R. Tambo vertrek en om 13:05 in Mbombela aankom. Dit sal weer om 13:30 by KMI vertrek en om 14:25 in Johannesburg land.
Die Embraer 135-vliegtuig het 37 sitplekke.
Inperking weens die Covid-19-pandemie het ‘n massiewe negatiewe impak op die bedryf gehad.
Voorheen was daar daagliks sewe vlugte tussen KMI-lughawe en Johannesburg. Mense kon daagliks ook na Kaapstad, Durban, Vilanculos, Livingstone en private lodges vlieg.
KMI kon eers in Julie heropen, en slegs vir sakereisigers.
Volgens Airlink is die meeste maatskappye tans boonop baie versigtig om werknemers te laat reis.
Hulle moet daarom hul sisteem herbou om so verantwoordelik en koste-effektief moontlik te wees.
Hulle het saam met KMI-bestuur gewerk om hul insetkoste te beperk, sodat reisigers uit ‘n verlaagde prys voordeel kan trek.
In terme van vlak-3 inperkingsregulasies, moet reisigers hul bewys van toestemming om te reis, byderhand hê.
Noodsaaklike reis vir sake, om na nabye familie om te sien en om mediese sorg te verkry word tans toegelaat.


×