100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga Premier vervang vier LUR’e

Written by on July 15, 2025

Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, het vanoggend sy uitvoerende komitee herskommel.

Die LUR vir Onderwys, Cathy Dlamini, is afgedank. 

Dit volg glo na die EFF ‘n korrupsiesaak teen haar aanhangig gemaak het. Daar word beweer dat sy diensverskaffers R600 000 se omkoopgeld gevra het vir tenders vir skoolvoeding en die onderhoud van geboue.

Dlamini ontken die bewerings.

Lindi Masina is aangestel as die nuwe LUR. Sy was ‘n speaker in die Mpumalanga Wetgewer en is die voormalige burgemeester van die Govan Mbeki-munisipaliteit.

Ndlovu sê hy verwag dat Masina ‘n 90%-slaagsyfer teiken vir vanjaar se matrikulante. 

Die voormalige burgemeester van Ehlanzeni-distrik, Jester Sidell, is aangestel as die nuwe LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme om Makhosazane Masilela te vervang.

Khethiwe Moeketsi is nou die LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, Grond en Omgewingsake. Sy moet ondermeer die suksesvolle operasionalisering van die Internasionele Varsproduktemark behartig. 

Nompumelelo Hlophe sal voorts Maatskaplike Ontwikkeling lei. 

Luister:

Die departementshoof van Kultuur, Sport en Ontspanning, Godfrey Ntombela, is ook verwyder na ‘n dispuut oor sy kontrak.

Volgens Ndlovu het hy sy bestaande kontrak verleng tot Februarie vanjaar, terwyl Ntombela daarop aangedring het dat die vorige premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, hom ‘n kontrak tot 2027 gegee het.

Sy ontken dit en Ndlovu sê ‘n bedrag van R80 000 is na bewering betaal om haar elektroniese handtekening op ‘n vervalste dokument aan te bring. 

Luister:

Die premier noem dit bedrog en sê die saak is onder die polisie se aandag gebring.