100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nelspruit-lisensiekantoor die week gesluit

Written by on July 14, 2025

Voertuigregistrasie- en lisensiëringsdienste is hierdie week nie by die Nelspruit-toetsstasie beskikbaar nie.

Dit geld vanaf vandag tot Vrydag.

Dit is weens opknappingswerk wat by die sentrum plaasvind.

Lede van die publiek kan van hierdie dienste gebruikmaak by die toetssentrums in Witrivier en Barberton.

Hernuwings van lisensieskyfies kan ook gedoen word by die Nelspruit-poskantoor, die Mbombela-kantore by die Grove-winkelsentrum en  in Hazyview.