Adjunkpresident Mabuza skakel met tradisionele en Khoi-San-leiers
Written by Mireille on September 23, 2022
Adjunkpresident David Mabuza voer vandag gesprekke met tradisionele en Khoi-San-leiers by Nutting House buite Mbombela.
Mabuza tree op in sy hoedanigheid as voorsitter van die interministeriële taakspan wat daarmee gelas is om oplossings te vind vir bestaande uitdagings wat leiers met die regering opgeneem het.
Die voortdurende, landwye besprekings fokus ook op kwessies oor ontwikkeling waarmee tradisionele gemeenskappe te doen kry.
Mabuza word vergesel deur beide Premier Refilwe Mtsweni-Tsipane sowel as die adnjunkministers vir landbou en samewerkende regering, Mcebisi Skwatsha en Obed Bapela.