100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Popia vir bemarkers: Deel 2

Written by on August 31, 2021

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie ‘n verskoning nie.
Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, vertel hoe veral bemarkers heel eenvoudig hulself met dié wet kan belyn.
Sy deel agt maklike stappe met Sanett. Luister hier weer daarna.

Die stappe is:

1) Wys ‘n inligtingbeampte aan en registreer hulle by die reguleerder.

2) Kyk dat jy slegs die data wat jy nodig het, insamel.

3) Lig jou span in oor Popia.

4) Dateer jou webtuiste op: wat Popia verander is dat mense aktief toestemming moet gee vir jou om hul inligting te gebruik. Maak seker jou beleid oor privaatheid voldoen ook aan die nuwe vereistes.

5) Jou e-posse moet duidelik maak wie jou maatskappy is, en stuur net wat relevant is tot jou onderneming en produkte.

6) Dieselfde geld vir WhatsApp en SMS-boodskappe. Mense moet op elke platform waarop hulle korrespondensie ontvang, die opsie hê om nie meer kommunikasie te ontvang nie.

7) Teken bykomende ooreenkomste met jou subkontrakteurs om ook jou kliënte in terme van Popia te beskerm.

8) Gee kliënte deursigtige toegang tot die data wat jy oor hulle het.

Kyk die eerste episode hier: Popia vir bemarkers: Deel 1

*Volgende Dinsdag gesels Blair in die derde aflewering van die reeks oor wat jou span alles moet weet. Skakel net na 07:30 daarvoor in op 100.5FM.


×