100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Valke trek 27 vas weens beweerde lisensiebedrog

Written by on September 18, 2024

‘n Totaal van 27 mense is Maandag en Dinsdag deur die Valke gearresteer in verband met korrupsie, bedrog en oortreding van die Padverkeerswet in die uitreiking van bestuurslisensies.

Volgens die Valke het hulle nagelaat om bestuurders te toets en eerder omkoopgeld betaal om lisensies uit te reik.

Die gesamentlike operasie is in samewerking met die polisie se misdaadintelligensie en die teenkorrupsie-eenheid van die Padvragbestuursvereniging uitgevoer.

Die arrestasies is in Sabie, Graskop, Lydenburg, Verena, Kabokweni, Hazyview, Nelspruit, Witrivier, Kanyamazane, Calcutta en Malalane gemaak.

Die beskuldigdes sluit in verkeersbeamptes, toetsbeamptes en twee eienaars van bestuurskole.

Hulle het in verskillende howe verskyn:

Sabie – Momo Beauty Mathebula, Roandey Mazuzu Mkhonto en Jackson Mokoena (eienaar van bestuurskool) borgtog van R5 000 toegestaan, saak tot 8 November uitgestel.

Lydenburg – Lucky Nhlahla Shabangu, Reneilwe Linah Phala, Seth Moleseng Mashile en Patracia Pretty Sekome (eienaar van bestuurskool) borgtog van R5 000 toegestaan, saak tot 6 November uitgestel.

Graskop – Eric Mawelele en Bheki John Mamba borgtog van R10 000 toegestaan, saak tot 18 November uitgestel.

Verena – Vier verkeersbeamptes aangekeer: Abram Mashiane, Tshepo Skhosana, Abram Mahlangu en Sarah Ndala.

Charl Cilliers – Neo Lawrence Mofube borgtog van R1 000 toegestaan, saak tot 22 Oktober uitgestel.

Kabokweni – David Kenneth Twala borgtog van R5 000 toegestaan, saak tot 21 Oktober uitgestel.

Hazyview – Rodney Plus Nkuna borgtog van R2 500 toegestaan, saak tot 24 Oktober uitgestel.

Nelspruit – Sboniso Nkosi en Bhekifa  Mfankomo borgtog van R1 500 toegestaan, saak tot 21 Oktober uitgestel.

Malalane – August Veronica Nkambule borgtog van R3 000 toegestaan, saak tot 22 November uitgestel.

Witrivier – Sipho Mkhonto en Eleck Ngwamba borgtog van R2 500 toegestaan, saak tot 24 Oktober uitgestel.

Kanyamazane – Sylvester Goodman Hlaka en Joseph Koos Mathebula borgtog van R10 000 toegestaan, saak tot 23 November uitgestel.

Calcutta – Nomzamo Duba, S. Mngwenya, R.N. Ntimane en S.S. Makamo borgtog van R5 000 toegestaan, saak tot 14 November uitgestel.

Sien ook: Valke trek 14 vas wat glo konkel met bestuurslisensies


×