100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Watervlakke oortref die van 2000, nog reën verwag

Written by on February 13, 2023

“Ons is in ‘n tyd van rekords breek,” sê die hoof van rampbestuur in Mpumalanga, Jacques Benade, oor die oorstromings die afgelope week.
“Ons het vloedvlakke en damvlakke wat ons sedert 1985 nog nie gehad het nie.”
Hy sê al die damme is vol of amper vol.
Die grootste brandpunte is Nkomazi, wat die suide van die Krugerwildtuin insluit.
Sien ook: Besoekers ontruim uit kampe in die Krugerwildtuin
“Nkomazi is in ‘n chaotiese toestand. Al die riviere eindig daar.”
Hy vra dat mense ag slaan op die weerwaarskuwings. Vir vandag geld ‘n oranje vlak 9-waarskuwing vir swaar reën in Ehlanzeni.
Benade voeg by dat die gevaar nie verby is wanneer die son uitkom nie, omdat oorstromings die grootste gevaar inhou. Hy gesels met Gerhardt en Andri.
Luister weer hier.


×