{"id":9812,"date":"2020-12-17T14:49:33","date_gmt":"2020-12-17T12:49:33","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9812"},"modified":"2020-12-17T14:49:33","modified_gmt":"2020-12-17T12:49:33","slug":"pumas-hoop-tuisvoordeel-help-teen-cheetahs","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pumas-hoop-tuisvoordeel-help-teen-cheetahs\/","title":{"rendered":"Pumas hoop tuisvoordeel help teen Cheetahs"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die Phakisa Pumas het klein veranderinge gemaak aan die beginspan wat Vrydagaand die Toyota Cheetahs op tuisbodem pak.
\nBeide spanne benodig ‘n Carling Curriebeker-oorwinning nadat hulle verlede naweek nederlae gely het.
\nDie Pumas het met 14-28 teen die DHL WP op Nuweland verloor, terwyl die Xerox Lions die Cheetahs met 39-23 die loef afgesteek het.
\nDie besoekende Pumas was teen rustyd met net vyf teenoor agt agter. Hulle het ook naelskraap \u2018n verloor bonuspunt gemis, toe die WP, reeds na die 80 minute verstreke was, hul vierde drie aan kon teken.
\nVolgens die Pumas se afrigter, Jimmy Stonehouse, is die spelers wat verlede week \u2018n ruskans gegun is, more terug.
\nPhumzile Maqondwana begin op flank, met Darrien Landsberg wat uit is. Devon Williams begin weer in die no. 10-trui, nadat Tiaan Botes verlede week in hierdie posisie sy buiging gemaak het.
\nStonehouse s\u00ea dit was nodige ervaring vir di\u00e9 jong speler.
\nHy voeg by dat hulle uitsien na die tuisvoordeel wat Mbombela-stadion die Pumas bied.
\n