{"id":9647,"date":"2020-12-01T11:43:21","date_gmt":"2020-12-01T09:43:21","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9647"},"modified":"2020-12-01T11:43:21","modified_gmt":"2020-12-01T09:43:21","slug":"skerp-veiligheid-op-voor-feesseisoen","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/skerp-veiligheid-op-voor-feesseisoen\/","title":{"rendered":"Skerp veiligheid op voor feesseisoen"},"content":{"rendered":"

\ufeff<\/span>Die feesseisoen is hier, en met dit saam is misdadigers geneig om meer aktief te wees.
\nDie polisie het Vrydag hul Veiliger Feesseisoen-operasiegeloods met die tema \u201cStywe greep\u201d.
\nHulle sal in di\u00e9 tyd hul sigbaarheid verhoog met die doel om die welstand en veiligheid van alle burgers te verseker.
\nDie polisie het ook die publiek gewaarsku om hul veiligheid op te skerp. Volgens die Nelspruit polisie se stasiebevelvoerder sien hulle al hoe meer dat kriminele mense deur die internet van hul besittings of geld verlos. \u201cWees bedag en pas jouself op sodat jy nie daarvoor val nie.\u201d
\nCallum MacPherson van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit, s\u00ea die beste raad wat hy vir mense het, is om op te pas wat hulle het.
\n