{"id":9413,"date":"2020-11-09T14:53:51","date_gmt":"2020-11-09T12:53:51","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9413"},"modified":"2020-11-12T08:05:09","modified_gmt":"2020-11-12T06:05:09","slug":"vlieenier-sterf-in-vliegongeluk-naby-nelspruit-vliegveld","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vlieenier-sterf-in-vliegongeluk-naby-nelspruit-vliegveld\/","title":{"rendered":"Vlie\u00ebnier sterf in vliegongeluk naby Nelspruit-vliegveld"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het bevestig dat hulle \u2018n ondersoek geloods het na die noodlottige vliegongeluk wat Vrydagmiddag buite Nelspruit-vliegveld plaasgevind het.
\nDie vlie\u00ebnier is intussen as Andr\u00e9 van Heerden ge\u00efdentifiseer.
\nHy was die mede-eienaar van Summerfields Rose Retreat & Spa in Hazyview.
\nHy was die enigste insittende ten tyde van die ongeluk.
\nVolgens Kabelo Ledwaba van die burgerlugvaartowerheid was Van Heerden in \u2018n privaat vlug vanaf Hazyview na Nelspruit-vliegveld onderweg.
\nDie Cirrus SR-22 was besig om te land toe dit kort voor 16:00 net buite die ou lughawe neergestort het.
\nNetcare911 se helikopter-nooddienste was by die vliegveld toe die voorval kort voor 16:00 plaasgevind het, en het hulle na die toneel gehaas.
\nVolgens hulle is die ligte vliegtuig deur vlamme verswelg. Mbombela-brandweer het die brand geblus. Die vlie\u00ebnier se liggaam is langs die wrak gevind.
\nVolgens Ledwaba het hulle reeds begin om bewyse in te samel, wat die omvang van die ondersoek sal bepaal.
\n