{"id":9123,"date":"2020-10-16T12:44:03","date_gmt":"2020-10-16T10:44:03","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=9123"},"modified":"2020-10-20T16:35:06","modified_gmt":"2020-10-20T14:35:06","slug":"ekonomiese-herstelplan-in-die-laeveld-verwelkom","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ekonomiese-herstelplan-in-die-laeveld-verwelkom\/","title":{"rendered":"Ekonomiese herstelplan in die Laeveld verwelkom"},"content":{"rendered":"

\"\"<\/a><\/p>\n

President Cyril Ramaphosa het Donderdag sy ekonomiese herstelplan aangekondig.
\nDit fokus veral op die skep van werk, infrastruktuur en alternatiewe energie.
\nDie regering het R100 miljard bewillig om meer as 800 000 werksgeleenthede oor drie jaar te skep.
\nDaarvan sal 300 000 geleenthede wees vir jong mense by skole. Meer as 60 000 sal gemik wees op konstruksie en onderhoud van munisipale infrastruktuur.
\nNog 6 000 gemeenskapsgesondheidswerkers en verpleeg-assistente sal opgelei word.
\nNagenoeg twee miljoen mense het weens die Covid-19-pandemie hul werk verloor.
\nDie regering sal ook toelaes uitbrei na sport en die kunste. Die spesiale Covid-19-toelaag is ook met \u2018n verdere drie maande verleng.
\nRamaphosa het ook klem geplaas daarop om plaaslike vervaardiging te vermeerder. Verder sal energiebronne diversiviseer.
\nVolgens Linda Grimbeek, uitvoerende beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer, is dit goeie nuus, ook vir die Laeveld.
\n