{"id":8624,"date":"2020-09-18T14:35:32","date_gmt":"2020-09-18T12:35:32","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=8624"},"modified":"2020-09-18T14:37:41","modified_gmt":"2020-09-18T12:37:41","slug":"provinsie-neem-lisensiefooie-oor-by-mbombela","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/provinsie-neem-lisensiefooie-oor-by-mbombela\/","title":{"rendered":"Provinsie neem lisensiefooie oor by Mbombela"},"content":{"rendered":"

Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid het motoriste gevra om die fooie vir hul voertuig- en bestuurslisensies voortaan direk aan die departement te betaal.
\nWoordvoerder, Moeti Mmusi, s\u00ea die departement is in die proses om die lisensi\u00ebring by Mbombela-munisipaliteit oor te neem.
\nDaar is egter besluit dat die departement solank die fooie direk moet ontvang, al behartig die munisipaliteit tans steeds die uitreik van dokumente.
\nDit geld vir alle dokumentasie vir voertuie asook bestuurslisensies.
\nDit het reeds in Julie in werking getree, maar Mmusi s\u00ea hulle vind dat mense steeds die geld direk aan Mbombela betaal.
\nDaar is wel betaalpunte in elke kantoor. Dit sluit in die lisensiekantoor in Mbombela, die Grove-sentrum, asook die kantore in Hazyview, Barberton en Witrivier.
\n