{"id":7979,"date":"2020-07-27T14:57:17","date_gmt":"2020-07-27T12:57:17","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7979"},"modified":"2020-07-27T14:57:17","modified_gmt":"2020-07-27T12:57:17","slug":"sabie-sluit-ook-munisipale-kantore","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/sabie-sluit-ook-munisipale-kantore\/","title":{"rendered":"Sabie sluit ook munisipale kantore"},"content":{"rendered":"

Frustreerde inwoners van Sabie het vandag glo ook hul munisipale kantore gesluit in protes teen tariefverhogings wat deur Thaba Chweu ingestel is.
\nDie naburige Graskop se kantore is reeds verskeie weke ook op slot, op aandrang van inwoners, weens \u2018n nuwe fooi wat ingestel is.
\nGwilym Rees, die voorsitter van Sabie se belastingbetalersvereniging, s\u00ea egter hulle steun nie die onwettige aksie nie. Dit is ongrondwetlik om mense te verhoed om te werk.
\nHulle wil eerder die regte kanale volg om Thaba Chweu by Nersa aan te gee.<\/p>\n