{"id":7786,"date":"2020-07-16T14:27:13","date_gmt":"2020-07-16T12:27:13","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7786"},"modified":"2020-07-16T14:27:13","modified_gmt":"2020-07-16T12:27:13","slug":"graskop-water-loop-weer","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/graskop-water-loop-weer\/","title":{"rendered":"Graskop water loop weer"},"content":{"rendered":"
Die water in Graskop is weer herstel nadat Thaba Chweu-munisipaliteit dit glo eergister afgeskakel het.
\nInwoners van Graskop hou al sedert verlede week die munisipale kantore gesluit, in protes teen tariefverhogings wat in Julie ingestel is.
\nThaba Chweu-munisipaliteit het aan die begin van die nuwe finansi\u00eble jaar, \u2018n nuwe vaste heffing op elektrisiteit ingestel. Dit kom neer op ongeveer R185 per maand \u2013 voor enige eenhede krag aangekoop is.
\nVolgens Thaba Chweu is dit om hul Eskom-skuld van R760 miljoen te probeer delg.
\nLance Gibson, voorsitter van die Graskop-sakekamer, s\u00ea inwoners kan dit bloot nie bekostig nie.
\nInwoners van Lydenburg het ook twee weke gelede teen die verhogings geprotesteer. Mense wil onder meer toegelaat word om direk by Eskom elektrisiteit te koop.
\nIn Graskop het protesaksie oor die verhogings verlede week die hele dorp lamgel\u00ea toe mense Maandag en Dinsdag strate geblok en bande gebrand het.
\n\u2018n Ooreenkoms is bereik, waarvolgens die protesaksies gestaak is, solank die munisipale kantore gesluit word.
\nVolgens Gibson beplan hulle om dit vol te hou tot hulle bevredigende antwoorde van Thaba Chweu ontvang.<\/p>\n\n