{"id":7309,"date":"2020-06-15T19:10:12","date_gmt":"2020-06-15T17:10:12","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7309"},"modified":"2020-06-15T19:10:12","modified_gmt":"2020-06-15T17:10:12","slug":"97-van-mpumalanga-se-skole-weer-oop","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/97-van-mpumalanga-se-skole-weer-oop\/","title":{"rendered":"97% van Mpumalanga se skole weer oop"},"content":{"rendered":"
\u2018n Week na die skole heropen het, is sowat 97% van die skole in die provinsie weer operasioneel.
\nDie gr. 7- en gr. 12-leerlinge kon verlede Maandag terugkeer skool toe, maar sommige skole was nie gereed om te heropen nie.
\nVolgens Jasper Zwane, woordvoerder van die onderwysdepartement in Mpumalanga, is die ontsmetting van skole in die Lekazi-omgewing ontwrig.
\nSewe-en-twintig skole in KaNyamazane, Pienaar and Malekutu kon daarom nie verlede week oopmaak nie.
\nDi\u00e9 skole is egter intussen ontsmet en hy verwag dat al die skole in die area Woensdag, na die vakansiedag, weer oop sal wees.
\nLowveld High het ook Maandag heropen. Twee onderwysers het vroe\u00ebr positief vir Covid-19 getoets en die skool was daarom verlede week gesluit.
\nVolgens Zwane het geen ander leerkragte by hierdie skool verder positief getoets nie. \u2018n Skool in eMalahleni (Witbank) is wel toegemaak, nadat \u2018n onderwyser daar positief getoets het.
\nRegoor die provinsie is 97% van skole oop, met sowat 90% van die gr. 7\u2019s en gr. 12\u2019s wat reeds teruggekeer het na die skoolbanke.<\/p>\n\n