{"id":7155,"date":"2020-06-04T06:54:59","date_gmt":"2020-06-04T04:54:59","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7155"},"modified":"2020-06-04T07:06:30","modified_gmt":"2020-06-04T05:06:30","slug":"inperking-baie-salonne-sal-nie-van-skade-herstel","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/inperking-baie-salonne-sal-nie-van-skade-herstel\/","title":{"rendered":"Inperking: Baie salonne sal nie van skade herstel"},"content":{"rendered":"
Die skoonheidsindustrie se vooruitsigte is troebel.
\nHaarkappers en skoonheidswerkers is een van die min bedrywe wat in vlak 3 van die inperkingsregulasies steeds geen sake mag dryf nie.
\nRegter Norman Davis het Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria die regulasies van vlak 3 en 4 van die inperking is ongrondwetlik bestempel.
\nDie Mbombela-gebaseerde arbeidskonsultant, Lionel Lerm, stem saam dat dit arbitr\u00ear is.
\nHy voorspel donker dae vir die bedryf wat ‘n magdom werksgeleenthede skep. Baie daarvan is reeds tot niet.
\nUit nood moes baie mense ook hul eie hare en naels begin doen en waar al hoe meer mense sukkel om kos op die tafel te hou, sal die bedryf, wanneer hulle mag heropen, as \u2018n luuksheid aan die agterspeen suig, voorspel hy.
\nVolgens Lerm gaan dit baie lank neem vir haar- en skoonheidsalonne om te herstel, as hulle hoegenaamd kan.<\/p>\n\n