{"id":7034,"date":"2020-05-11T15:45:48","date_gmt":"2020-05-11T13:45:48","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=7034"},"modified":"2020-05-11T15:45:48","modified_gmt":"2020-05-11T13:45:48","slug":"gevangenes-eersdaags-vry","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/gevangenes-eersdaags-vry\/","title":{"rendered":"Gevangenes eersdaags vry"},"content":{"rendered":"
Die departement van korrektiewe dienste (DKD) is onseker presies hoeveel gevangenis eersdaags op vervroegde parool vrygelaat sal word in die Laeveld.
\nMessiah Hlungwani, woordvoerder van die DKD in Ehlanzeni, het wel bevestig dat geen seks- of geweldsmisdadigers oorweeg sal word nie.
\nPresident Cyril Ramaphosa het Vrydag aangekondig dat amper 19 000 uit 155 000 gevangenes landwyd op parool vrygelaat sal word.
\nGevangenisse word as ho\u00eb-risiko areas vir infeksie beskou en die Vereenigde Nasies het \u2018n beroep gedoen dat alle lande hul tronkbevolkings verminder om fisiese afstand en selfisolasie moontlik te maak.
\nVolgens Ramaphosa is dit van toepassing op diegene wat hul minimum vonnisse uitgedien het, of die merk binne die volgende vyf jaar sal bereik.
\nDie gevangenes sal die res van hul vonnisse onder korrektiewe toesig uitdien.
\nDie proses sal oor die volgende 10 weke plaasvind.
\nHlungwani s\u00ea hulle verwag om vandeesweek nog die riglyne te ontvang wat sal bepaal presies wie vrygelaat kan word.<\/p>\n\n