{"id":6940,"date":"2020-05-04T18:02:13","date_gmt":"2020-05-04T16:02:13","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6940"},"modified":"2020-05-05T12:00:58","modified_gmt":"2020-05-05T10:00:58","slug":"voel-jy-hulpeloos-jy-is-nie-alleen-nie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/voel-jy-hulpeloos-jy-is-nie-alleen-nie\/","title":{"rendered":"Voel jy hulpeloos? Jy is nie alleen nie"},"content":{"rendered":"
Mense koop nie meer in, inperking nie.
\nHoekom sal hulle as die doelpale die heeltyd verskuif word? vra die Kruger-Laeveld sakekamer.
\nUitvoerende hoof, Linda Grimbeek, s\u00ea mense het inperking oor die algemeen ondersteun, maar na vyf weke maak dit bloot nie meer vir hulle sin nie.
\nSy voel die regering se verskuiwing van die doelpale help geensins om mense se vertroue te behou nie, want die een dag word iets toegelaat, en die volgende dag nie.
\nMense glo ook al hoe minder in die waarde van inperking terwyl hul ondernemings, en hul werknemers se lone, in die spreekwoordelike drein afspoel, terwyl Mpumalanga se Covid-19-infeksies die tweede minste in die land is.<\/p>\n\n