{"id":6909,"date":"2020-05-03T12:10:47","date_gmt":"2020-05-03T10:10:47","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6909"},"modified":"2020-05-03T12:10:47","modified_gmt":"2020-05-03T10:10:47","slug":"meer-as-4-000-bots-met-gereg-tydens-inperking","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/meer-as-4-000-bots-met-gereg-tydens-inperking\/","title":{"rendered":"Meer as 4 000 bots met gereg tydens inperking"},"content":{"rendered":"
Die polisie in Mpumalanga het al meer as 4 000 mense gearresteer weens die verbreking van inperkingsregulasies die afgelope vyf weke. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, sluit die oortredings allerlei in, maar veral vervalste permitte en die verkoop van drank.
\nTog is wetstoepassers oor die algemeen tevrede met hoe Mpumalanga se inwoners hulle gedra \u2013 ook sedert die inperkingsregulasies Vrydag \u2018n klein bietjie verslap is.
\nDie departement van gemeenskapsveiligheid s\u00ea hulle het in April altesaam 75 147 voertuie by hul padblokkades gestop.
\nVolgens woordvoerder, Moeti Mmusi, is 39 mense gearresteer. Van hulle is twee met dagga in hul voertuig betrap. Die ander het die inperkingsregulasies oortree.
\nMmusi voeg by dat hulle steeds winkels vind wat nie die korrekte sanitasiegeriewe bied of fisiese afstand afdwing nie.
\nDie departement verwag \u2018n groot toename in verkeer die naweek, omdat meer mense Maandag kan begin werk en mense wat tot dusver inperking in ander provinsies spandeer het, tot Donderdag het om terug te keer.
\nDaarna sal jy slegs met \u2018n permit in buitengewone omstandighede tussen provinsies kan reis.
\nVolgens Mmusi is hulle slaggereed daarvoor, met 14 padblokkades of verskeie roetes.<\/p>\n\n