{"id":6506,"date":"2020-04-11T16:13:34","date_gmt":"2020-04-11T14:13:34","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6506"},"modified":"2020-04-11T16:13:34","modified_gmt":"2020-04-11T14:13:34","slug":"volmaan-oor-skukuza","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/volmaan-oor-skukuza\/","title":{"rendered":"Volmaan oor Skukuza"},"content":{"rendered":"
Op Dinsdagaand 7 April het die volmaan weer die asem weggeslaan en van oraloor is volmaanfoto\u2019s op sosiale media gedeel. Een van die mooiste volmaanfoto\u2019s wat die volgende dag op Facebook gedeel is, is die een wat Joep Stevens van die volmaan bo die ikoniese treinbrug by Skukuza geneem het. Stevens is SANparke se hoofbestuurder van strategiese toerismedienste. Hy is vir die duur van die inperking in Skukuza-ruskamp in die Krugerwildtuin.<\/p>\n
In \u0149 telefoniese onderhoud het hy ges\u00ea dat dit baie vreemd voel sonder al die toeriste daar in die kamp. Skukuza is immers \u0149 baie gewilde toerismebestemming in die Krugerwildtuin en mense van regoor die w\u00eareld kies hierdie ruskamp as blyplek wanneer hulle kom wild kyk in Afrika. \u201cOns is veilig hier in die ruskamp en ons hou alles aan die gang sodat die Krugerpark gereed sal wees vir besoekers wanneer die inperking verby is. Van hierdie kant van die draad lyk dit nie asof daar enigiets is wat die diere pla of hinder nie en alles gaan maar ongestoord voort.<\/p>\n
Die werk aan die Kruger Shalati hotel op die treinbrug hier by Skukuza het wel vir eers tot stilstand gekom en al die konstruksiewerkers is terug huis toe. Die wildtuin is tans lowergroen en ons het in die week weer lekker re\u00ebn gehad. Ons kan nie wag om weer die besoekers aan die park hier te verwelkom nie,\u201d het Stevens ges\u00ea. Intussen kan almal wat die Krugerpark as die beste plek op aarde beskou, maar net droom van die reuk van braaivleisvure in \u0149 volgepakte ruskamp.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Op Dinsdagaand 7 April het die volmaan weer die asem weggeslaan en van oraloor is volmaanfoto\u2019s op sosiale media gedeel. Een van die mooiste volmaanfoto\u2019s wat die volgende dag op Facebook gedeel is, is die een wat Joep Stevens van die volmaan bo die ikoniese treinbrug by Skukuza geneem het. Stevens is SANparke se hoofbestuurder […]<\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":6507,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[],"yoast_head":"\n