{"id":6319,"date":"2020-04-03T08:56:14","date_gmt":"2020-04-03T06:56:14","guid":{"rendered":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=6319"},"modified":"2020-04-03T09:10:15","modified_gmt":"2020-04-03T07:10:15","slug":"ngf-voer-hongeres-benodig-nog-hulp","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/ngf-voer-hongeres-benodig-nog-hulp\/","title":{"rendered":"NGF voer hongeres, benodig nog hulp"},"content":{"rendered":"
Mbombela se gemeenskap staan saam om te help om na die dorp se haweloses om te sien.
\nVolgens past. TJ Mar\u00e9 van die Mpumalanga Leadership Foundation wat Nelspruit Gemeenskapsforum bestuur, voorsien hulle daagliks drie maaltye aan tussen 87 en 100 mense.
\n“Dit is ‘n harde tyd, maar die gemeenskap help baie,” s\u00ea hy.
\n“Ons weet nie wat vorentoe gaan gebeur nie, maar ons gebed is regtig dat die 21 dae nie verleng word nie.”
\nHy voeg by dat hulle ander organisasies wat hulp verleen ondersteun en dat hulle graag kospakkies aan gesinne wat sukkel wil voorsien.
\n“Die uitdaging bly maar om genoeg kos te h\u00ea.”
\nHulle benodig tans ook handoeke en mansklere (groottes 28 tot 36).
\nHy het almal vir hul ondersteuning bedank.
\nOm enige hulp te verleen, kontak Mar\u00e9 by 082-772-6396.<\/p>\n\n