{"id":30066,"date":"2024-01-02T15:24:09","date_gmt":"2024-01-02T13:24:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=30066"},"modified":"2024-01-02T15:24:09","modified_gmt":"2024-01-02T13:24:09","slug":"lur-blameer-menslike-foute-vir-padongelukke","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/lur-blameer-menslike-foute-vir-padongelukke\/","title":{"rendered":"LUR blameer menslike foute vir padongelukke"},"content":{"rendered":"
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, blameer menslike faktore vir die meeste van die ongelukke wat hierdie vakansieseisoen in die provinsie plaasgevind het.<\/p>\n
Dit volg na die dood van drie mense gistermiddag toe die ligte afleweringsvoertuig waarmee hulle gery het, op die N12 naby Delmas omgeslaan het.<\/p>\n
Die oorledenes sluit die bestuurder en beide passasiers in.<\/p>\n
Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.<\/p>\n
Shongwe doen ‘n beroep op diegene wat lang afstande afl\u00ea om vooraf die padwaardigheid van hul voertuie te verseker en om voldoende te rus langs die pad.<\/p>\n