{"id":29380,"date":"2023-11-28T10:20:49","date_gmt":"2023-11-28T08:20:49","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=29380"},"modified":"2023-11-28T10:32:42","modified_gmt":"2023-11-28T08:32:42","slug":"18-vas-vir-onwettige-mynbou-in-sabie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/18-vas-vir-onwettige-mynbou-in-sabie\/","title":{"rendered":"18 vas vir onwettige mynbou in Sabie"},"content":{"rendered":"
\u2018n Spesiale operasie om toe te slaan op onwettige mynbou het Donderdag gelei tot die arrestasie van 18 verdagtes in Sabie<\/a>.<\/p>\n Dit was in samewerking tussen polisie, die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, gemeenskapspolisi\u00ebringsforums, Thaba Chweu en private sekuriteitsmaatskappye.<\/p>\n Die aanklagte teen die verdagtes wissel van obstruksie van polisiebeamptes, die besit van dagga tot die oortreding van die Wet op Immigrasie.<\/p>\n Daar is op verskeie items verwant aan onwettige mynbou beslag gel\u00ea.<\/p>\n