{"id":29323,"date":"2023-11-24T13:31:37","date_gmt":"2023-11-24T11:31:37","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=29323"},"modified":"2023-11-24T13:31:37","modified_gmt":"2023-11-24T11:31:37","slug":"krugerwildtuin-begin-kontantbetalings-in-desember-uitfaseer","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/krugerwildtuin-begin-kontantbetalings-in-desember-uitfaseer\/","title":{"rendered":"Krugerwildtuin begin kontantbetalings uitfaseer"},"content":{"rendered":"

Die Nasionale Krugerwildtuin<\/a> sal vanaf 1 Desember wegdoen met kontantbetalings by vyf ingangshekke in die suide van die park.<\/p>\n

Dit is deel van \u2018n wyer veldtog deur SANParke om wagtye in rye weens kontantbetalings te verminder.<\/p>\n

Dit het ook ten doel om die risiko verbonde aan die hanteer van kontant te minimaliseer.<\/p>\n

Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, s\u00ea dit sal nou ingestel word by Paul Kruger-, Phabeni-, Numbi-, Malelane- en Krokodilbrug-hekke sowel as die vulstasie by Skukuza.<\/p>\n

Ander sal in 2024 volg.<\/p>\n