{"id":28914,"date":"2023-11-14T15:34:54","date_gmt":"2023-11-14T13:34:54","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=28914"},"modified":"2023-11-16T12:05:27","modified_gmt":"2023-11-16T10:05:27","slug":"tracn4-tydren-die-naweek-in-dullstroom","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/tracn4-tydren-die-naweek-in-dullstroom\/","title":{"rendered":"TRACN4 tydren die naweek in Dullstroom"},"content":{"rendered":"

Die adrenalien belaaide TRACN4<\/a> nasionale-tydren vind hierdie naweek vir die vierde keer in Dullstroom plaas.<\/p>\n

Vrydag en Saterdag 17 en 18 November is ook die laaste been van die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydren-kampioenskap – wat bydra tot die drama.<\/p>\n

Die Emakhazeni-gemeenskap vind groot baat uit die geleentheid met toeskouers wat van heinde en ver daarheen stroom.<\/p>\n

Die Dullstroom Epilepsiesentrum is vanjaar weer die hoofbegunstigde.<\/p>\n

Sedert 2020 is daar jaarliks verbeteringe by die fasiliteit aangebring. Vanjaar is die ingangsaal opgegradeer na \u2018n volledig funksionele venue, die Bluegum Barn.<\/p>\n

Die meeste van die bene vind op plantasies van SAFCOL en S&N Boerdery plaas wat verseker die terein is uitdagend, maar opwindend.<\/p>\n

Die kommunikasiebestuurder van TRAC, Solange Soares, s\u00ea hulle verwag ‘n ho\u00eb intensiteit wedren, al is die eerste plek in die reeks reeds deur JJ Potgieter en Tommie du Toit in hul Hyundai i20 R4 beklink.<\/p>\n