{"id":28113,"date":"2023-10-20T15:17:30","date_gmt":"2023-10-20T13:17:30","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=28113"},"modified":"2023-10-20T15:19:57","modified_gmt":"2023-10-20T13:19:57","slug":"lily-myn-ondersoek-bevind-eienaars-versuim-plig","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/lily-myn-ondersoek-bevind-eienaars-versuim-plig\/","title":{"rendered":"Lily Myn-ondersoek bevind eienaars versuim plig"},"content":{"rendered":"

Die families van die drie Lily Myn-werkers wat ondergronds vasgekeer was toe die myn in Februarie 2016 ingeval het, vra dat kriminele ondersoeke teen die myn se bestuur ingestel word.
\nDie Nelspruit-landdroshof het gister na ‘n geregtelike doodsondersoek beslis dat die eienaars van Lily Myn in die aanloop van die tragiese ineenstorting versuim het om behoorlike risiko-bepalings te doen soos vereis deur die Wet op Myngesondheid en -veiligheid.
\nDie landdros, Annamarie van der Merwe, het bygevoeg dat onwettige mynaktiwiteite ook \u0149 rol in die tragedie gespeel het.
\nDrie werkers, Pretty Nkambule, Solomon Nyirenda en Yvonne Mnisi, is dood toe die myn ineengestort en die vraghouer waarin hulle gewerk het ondergronds begrawe is.
\nVan der Merwe het ook bevind die Departement van Minerale Bronne en Energie, asook die polisie, het nagelaat om die myn by te staan om onwettige mynbou te bekamp.
\nDie bevindings word vir moontlike strafregtelike vervolging verwys.
\nActionSA in Mpumalanga het intussen die Konstitusionele Hof se weiering Dinsdag verwelkom om Vantage Goldfields<\/a> toestemming te gee om te appelleer teen \u2018n beslissing waarvolgens krediteure van die myn oor die sakereddingsplan moet stem.
\nThoko Mashiane, die provinsiale voorsitter van ActionSA, hoop dit sal toelaat dat bedrywighede by die myn in Low\u2019s Creek hervat word.
\nSy beskryf dit as \u2018n oorwinning vir die families van die drie slagoffers.<\/p>\n