{"id":27062,"date":"2023-09-22T11:35:06","date_gmt":"2023-09-22T09:35:06","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=27062"},"modified":"2023-09-22T11:35:06","modified_gmt":"2023-09-22T09:35:06","slug":"liznica-bied-hoop-vir-verwerpte-babas","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/liznica-bied-hoop-vir-verwerpte-babas\/","title":{"rendered":"Liznica bied hoop vir verwerpte babas"},"content":{"rendered":"

Liza en Veronica Labuschagne bedryf reeds verskeie jaar Liznica House of Hope<\/a> waar hulle na verwerpte babas omsien.<\/p>\n

Liza gesels met Gerhardt en Andri oor die redes waarom ouers besluit om hul baba of kind agter te laat en waar desperate ma’s aan kan klop om hulp.<\/p>\n

“Dit is meestal ma\u2019s wat geboorte skenk en dan besluit om die kind by die hospitaal te los,” s\u00ea sy.<\/p>\n

“Dit is soms ook baie jong ouers sonder familie wat kan help. Dan voel hulle dit is beter om hulle daar te los.”<\/p>\n

Die kinders waarna Liznica omsien (tans is daar vyf) word deur Child Welfare daar geplaas.<\/p>\n

Labuschagne s\u00ea desperate ouers moenie skroom om by Child Welfare aan te klop om hulp nie.<\/p>\n

“Hulle sal altyd eers probeer help.”<\/p>\n

Luister weer hier:<\/p>\n