{"id":25112,"date":"2023-08-01T14:37:03","date_gmt":"2023-08-01T12:37:03","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=25112"},"modified":"2023-08-01T14:43:37","modified_gmt":"2023-08-01T12:43:37","slug":"geometriese-energie-sorg-vir-goud-vir-sibbe","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/geometriese-energie-sorg-vir-goud-vir-sibbe\/","title":{"rendered":"Geometriese energie sorg vir goud vir sibbe"},"content":{"rendered":"

\u2018n Jong suster en broer van Mbombela is met goud beloon by die Eskom Ekspo wat onlangs by Penryn aangebied is met hul projek oor geometriese energie.<\/p>\n

Amani Nomani (gr. 9 in Ho\u00ebrskool Bergvlam<\/a>) en Danyaal Nomani (gr. 6 in Nelspruit Primary) s\u00ea geometriese energie is ideaal vir gebruik in Suid-Afrika want dit is baie skoon en veilig en verg min spasie.<\/p>\n

Hul projek is aangewys as die beste van alle deelnemende ho\u00ebrskole in Mpumalanga sowel as die beste\u00a0 projek by di\u00e9 been van die ekspo.<\/p>\n

Geometriese energie is reeds in verskeie ander lande in gebruik, en hoewel dit aanvanklik duur kan wees omdat jy in die aarde in boor, kan dit oor die langtermyn oplos.<\/p>\n

\u201cOns almal weet van sonkrag en hidro\u00eblektrisiteit, maar hulle hang almal van die klimaat af. Hierdie is so veilig, jy kan dit in die middel van \u2018n landery of plantasie sit.<\/p>\n

“Dit mag dalk duur wees, maar dink in die langtermyn kan dit in al ons behoeftes voorsien.”<\/p>\n

Boonop het die Nomani’s bepaal jy hoef in\u00a0Suid-Afrika, en spesifiek Mbombela, nie baie diep te boor nie, weens die warm klimaat en hitteproduksie van stollingsgesteentes.<\/p>\n

Hulle gesels met Ludi en Mireille.<\/p>\n

Luister weer hier:<\/p>\n