{"id":25107,"date":"2023-08-07T11:42:00","date_gmt":"2023-08-07T09:42:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=25107"},"modified":"2023-08-07T11:59:33","modified_gmt":"2023-08-07T09:59:33","slug":"barberton-rugbyklub-liga-kampioene","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/barberton-rugbyklub-liga-kampioene\/","title":{"rendered":"Barberton-rugbyklub liga-kampioene"},"content":{"rendered":"
Barberton-rugbyklub het Saterdag geskiedenis gemaak deur as die kampioene van die provinsiale liga gekroon te word.<\/p>\n
Dit is die eerste keer dat hulle die premierliga-titel in Mpumalanga kon wen.<\/p>\n
Barberton is reeds die Ehlanzeni-wenners vir die seisoen en kon die 2022-ligawenners Sasol Secunda met 19-18 troef in \u2018n naalbyt-eindstryd by Coronation Park in Barberton.<\/p>\n
Hulle het in die doodsnikke van die wedstryd \u2018n skepskop oorgesit om die wenpunte aan te teken.<\/p>\n
Afrigter Walter Schr\u00f6der wat sy eerste seisoen by Barberton geniet, was vol lof vir die span en bestuur.<\/p>\n
\u201cOns het die seisoen begin met die geloof dat ons so v\u00ear kan gaan,\u201d s\u00ea hy. \u201cOns het by ons strukture gehou en nooit ons o\u00eb van ons doelwit afgehaal nie.<\/p>\n
“Ek is net baie trots om deel te kan wees van hierdie wonderlike groep ouens en die dorp. Die ondersteuning wat ons ontvang het van borge en die hele dorp was wonderlik.”<\/p>\n
Die eerstespanne van Barberton en Secunda het verlede naweek oorwinnings behaal om hul plekke in die Mpumalanga klubrugby-eindstryd te bespreek.<\/p>\n