{"id":22102,"date":"2023-05-17T13:49:47","date_gmt":"2023-05-17T11:49:47","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=22102"},"modified":"2023-05-18T12:51:39","modified_gmt":"2023-05-18T10:51:39","slug":"nellie-atleet-wen-goud-in-italie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nellie-atleet-wen-goud-in-italie\/","title":{"rendered":"Nellie-atleet wen goud in Itali\u00eb"},"content":{"rendered":"

Juan\u00e9 le Roux, ‘n gr. 10-leerling aan Ho\u00ebrskool Nelspruit (NHS), het die afgelope week die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekords vir F46 vroue in gewigstoot verbeter en \u2018n goue medalje ingepalm by die W\u00eareld-Para-atletiek-Grand Prix-byeenkoms vir seniors in Jesolo, Itali\u00eb.
\nSy het die gewigstoot met \u2018n afstand van 10,14 m gewen. Die vorige rekords was 6,75 m in Suid-Afrika en 9,63 m vir Afrika.
\nIn spiesgooi het sy \u2018n vierde plek behaal by die byeenkoms, maar ook ‘n nuwe nasionale rekord opgestel met haar afstand van 28,20 m.
\nSy het aan die begin van April saam met die Nellies se ander goue meisie, Ashley Erasmus, oor hul atletiekdrome kom gesels.
\nLuister weer hier:<\/p>\n