{"id":21110,"date":"2023-04-19T09:05:47","date_gmt":"2023-04-19T07:05:47","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=21110"},"modified":"2023-04-19T09:05:47","modified_gmt":"2023-04-19T07:05:47","slug":"meer-as-1-700-hardlopers-durf-saterdag-die-elands-aan","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/meer-as-1-700-hardlopers-durf-saterdag-die-elands-aan\/","title":{"rendered":"Meer as 1 700 hardlopers durf Saterdag die Elands aan"},"content":{"rendered":"

Alles is in plek vir die TRAC N4 Elands-marathon hierdie Saterdag.
\nMeer as 1 700 deelnemers het reeds ingeskryf.
\nDie skilderagtige roete vir die 42,2 km begin by Laerskool Oosterlijn in Waterval Boven en eindig by die Sappi-opleidingsentrum in Ngodwana.
\nSolange Soares, kommunikasiebestuurder van TRAC, s\u00ea dit word beskou as die vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades in Mpumalanga.
\n