{"id":19950,"date":"2023-03-03T11:51:15","date_gmt":"2023-03-03T09:51:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19950"},"modified":"2023-03-03T11:59:44","modified_gmt":"2023-03-03T09:59:44","slug":"pa-vasgetrek-wat-glo-baba-se-keel-afsny","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/pa-vasgetrek-wat-glo-baba-se-keel-afsny\/","title":{"rendered":"Pa vasgetrek wat glo baba se keel afsny"},"content":{"rendered":"

\u2018n 21-jarige man sal binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn, na hy glo sy drie week oue babaseuntjie keelaf gesny het.
\nVolgens die polisie het hy Woensdag die kind by sy 15-jarige ma afgeneem in Middelplaas buite Malelane.
\nToe hy hom teen gisteroggend nog nie terugbesorg het aan haar nie, is die saak by die polisie aangemeld.
\nDie baba se lewelose liggaam is in bosse gestort gevind.
\nVolgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, word die pa aangekla van ontvoering, moord en regsverydeling.
\n‘n Klag van statut\u00eare verkragting sal hoogs waarskynlik by die klagstaat gevoeg word, gegewe die ouderdom van die baba se ma.
\n