{"id":19819,"date":"2023-02-28T13:39:28","date_gmt":"2023-02-28T11:39:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19819"},"modified":"2023-02-28T13:39:28","modified_gmt":"2023-02-28T11:39:28","slug":"plaasaanvalle-minder-in-2022","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/plaasaanvalle-minder-in-2022\/","title":{"rendered":"Plaasaanvalle minder in 2022"},"content":{"rendered":"

Die aantal plaasaanvalle het die afgelope jaar afgeneem vanaf 415 aanvalle en 55 moorde in 2021 na 333 aanvalle en 50 moorde in 2022.
\nIn Mpumalanga is ses mense in aanvalle dood.
\nDit is volgens die jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 wat vanoggend deur die burgerregteorganisasie AfriForum bekendgestel is.
\nJacques Broodryk, die woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, s\u00ea egter dat gevalle toenemend nie aangemeld word nie weens die publiek se lae vertroue in die polisie.
\n