{"id":19603,"date":"2023-02-22T13:27:20","date_gmt":"2023-02-22T11:27:20","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19603"},"modified":"2023-02-22T13:27:20","modified_gmt":"2023-02-22T11:27:20","slug":"vroue-gesoek-wat-glo-studente-beroof-groot-daggavonds-gemaak","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/vroue-gesoek-wat-glo-studente-beroof-groot-daggavonds-gemaak\/","title":{"rendered":"Vroue gesoek wat glo studente beroof, groot daggavonds gemaak"},"content":{"rendered":"

Die Nelspruit polisie is op soek na twee vroue wat verlede Woensdag, 8 Februarie, glo twee vrouestudente in Riverside Mall beroof het.
\nVolgens die polisie het die verdagtes die studente in die winkelsentrum vir aanwysings gevra.
\nDie een het na bewering vir hulle \u2018n vuurwapen wat in haar handsak versteek was, gewys en gedreig om hulle te skiet as hulle alarm maak.
\nDie studente is van onder meer hul selfone en \u2018n polshorlosie beroof. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
\nDie polisie het ‘n pleidooi gerig dat die vrou in die foto, wat hulle glo hulle in hul ondersoek kan bystaan, hulle kontak.
\n\"\"
\nIn Delmas het lede van ‘n plaaswag vroeg Maandagoggend ‘n vonds van ongeveer R1,3 miljoen se dagga op ‘n plaas gemaak.
\nVolgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, is die 344 kg dagga in 31 sakke versteek in ‘n voertuig gevind.
\nDie ontdekking is gemaak toe lede van die plaaswag om ongeveer 03:00 die oggend drie voertuie in \u2018n mielieland opgemerk het.
\nToe hulle nader kom het twee bakkies weggejaag. Die bestuurder van \u2018n Ford-voertuig het te voet gevlug. Die dwelms is in di\u00e9 voertuig gevind.
\n