{"id":19577,"date":"2023-02-21T17:48:44","date_gmt":"2023-02-21T15:48:44","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=19577"},"modified":"2023-02-21T17:48:44","modified_gmt":"2023-02-21T15:48:44","slug":"mbombela-op-soek-na-alternatiewe-kragverskaffers","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/mbombela-op-soek-na-alternatiewe-kragverskaffers\/","title":{"rendered":"Mbombela op soek na alternatiewe kragverskaffers"},"content":{"rendered":"

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) het vanoggend \u2018n alternatiewe energie expo en netwerksessie aangebied om die gesprek met Mbombela te begin oor hoe onafhanklike kragverskaffers elektrisiteit aan die munisipaliteit kan lewer.
\n\u201cOns kan nie so aangaan nie,\u201d s\u00ea Linda Grimbeek oor die kragkrisis.
\n\"\"
\n\u201cAlternatiewe kragverskaffers is \u2018n geleentheid vir plaaslike munisipaliteite om uit hul finansi\u00eble verknorsings te kom deur elektrisiteit teen goedkoper aan te koop.\u201d
\nDie Mbombela-stadsbestuurder, Wiseman Khumalo, het ges\u00ea hulle is op soek na \u2018n langtermyn koopooreenkoms met verskillende onafhanklike kragopwekkers \u2013 mits hulle kompeterende pryse bied en hul elektrisiteitsvoorsiening betroubaar is.
\n