{"id":18979,"date":"2023-02-01T12:23:48","date_gmt":"2023-02-01T10:23:48","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=18979"},"modified":"2023-02-01T12:24:28","modified_gmt":"2023-02-01T10:24:28","slug":"motoriste-gewaarsku-om-versigtig-te-bestuur-in-die-reen","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/motoriste-gewaarsku-om-versigtig-te-bestuur-in-die-reen\/","title":{"rendered":"Elf mense ernstig beseer in twee ongelukke in Nkomazi"},"content":{"rendered":"

Motoriste is aangeraai om versigtig te bestuur in die re\u00ebnweer wat tot die naweek verwag word.
\nD\u00edt na twee ongelukke vanoggend op die N4 in Nkomazi aangemeld is.
\nVolgens die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid is 11 mense ernstig beseer.
\n\"\"
\nOm ongeveer 09:30 was \u2018n midibus en BMW-sedan in \u2018n kop-aan-kop-botsing betrokke tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane. \u2018n Derde voertuig is ook geraak. Tien mense is hospitaal toe gehaas.
\nOm ongeveer 03:00 is \u2018n vragmotorbestuurder ernstig beseer toe sy voertuig van agter teen \u2018n ander vragmotor gebots het tussen Hectorspruit en Impala. Die voorste vragmotor het verder \u2018n bakkie getref.<\/p>\n\n\t\t