{"id":17921,"date":"2022-12-16T09:47:58","date_gmt":"2022-12-16T07:47:58","guid":{"rendered":"https:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/?p=17921"},"modified":"2022-12-16T09:47:58","modified_gmt":"2022-12-16T07:47:58","slug":"nog-drie-vas-vir-beweerde-bedrog-met-beskermende-kleredrag-tydens-pandemie","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/www.radiolaeveld.co.za\/nog-drie-vas-vir-beweerde-bedrog-met-beskermende-kleredrag-tydens-pandemie\/","title":{"rendered":"Nog drie vas vir beweerde bedrog met beskermende kleredrag tydens pandemie"},"content":{"rendered":"
Drie addisionele verdagtes het eergister in die Nelspruit-hof verskyn op klagte van korrupsie, geldwassery, bedrog en oortreding van die Wet op Openbare Finansi\u00eble Bestuur. Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans. <\/p>\n","protected":false},"author":14,"featured_media":17922,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_mi_skip_tracking":false,"_exactmetrics_sitenote_active":false,"_exactmetrics_sitenote_note":"","_exactmetrics_sitenote_category":0},"categories":[5,8],"tags":[836,260,2687,101,3202,3509,3510,318],"yoast_head":"\n
\nDie adjunkdirekteur van eiendomsbestuur in die departement van openbare werke, Sifiso Kobus Mkhabela (42), die direkteur van Ntando MS Trading, Andiswa Dibakoane (23), en die direkteur van Ligcabo Properties, Bongani Lukhele (45), sluit aan by ses mense wat in September aangekeer is. Die monet\u00eare waarde beloop R4,2 miljoen.
\nLees meer:<\/strong> Ses in hof vir bedrog oor beskermende kleredrag<\/a>
\nVolgens die Valke het die adjunk-hoofdirekteur van die departement, Sipho Ronny Monareng (50), saam met die twee ander amptenare, Magdonald Boto Sigudla (43) en Bandile Jacob Ngcebo (41), en die verskaffers Maganeleng Antony Mashego (43), Whisky Delisa Khumalo (45) en Tshidi Suzen Sedibe (43) gewerk om eise te betaal vir beskermende kleredrag wat nie gelewer is nie tydens die Covid-19-pandemie.
\nElk is borgtog van R10 000 toegestaan.
\nVolgens die Valke het Monareng die hele proses gefasiliteer.
\nDie drie jongste verdagtes is elk borgtog van R15 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 19 Januarie vir verdere ondersoek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"